Kom kyk Letaba Ou-Manne vs Letaba Jongmanne!

Letaba rugbyklub se Jongmanne sal Saterdag om 13:00 teen die Letaba Ou-Manne 'n vertoonwedstryd speel by Hoërskool Ben Vorster se A-Veld.

Dié jarelange tradisie waar die spelers onder 25-jarige ouderdom die manne oor 25-jarige ouderdom mekaar die stryd aansê is vanjaar deel van Vossie Fest vieringe. Trotse borge, Henry de Beer van NTT Toyota Tzaneen, Bennie Kruger van Agrico, Theo Maree van Sable & Bull en Luan Labuschagne van Fruit Trade International het op 25 Augustus die Ou-Manne se truie oorhandig by Letaba rugbyklub se velde.

Letaba rugbyklub se Ou-Manne sal Saterdag teen die Jongmanne in aksie wees. Van links is Bennie Kruger van Agrico, Henry de Beer van NTT Toyota Tzaneen, Luan Labuschagne van Fruit Trade international, Gawie du Plessis en Carel O’Neill toe die Ou-Manne se truie Donderdagaand oorhandig is.

Lees ook: Letaba Rugby Club is more than a sports club

“Ons bedank ons borge vir hulle ondersteuning en sien baie uit na Saterdag,” sê Carel O’Neill, kaptein van die Ou-Manne se span.
Die Letaba Ou-Manne sal in dié wit en groen truie uitdraf en Letaba se Jongmanne sal in die tradisionele truie speel.
Moet dit nie misloop nie en skakel Carel O’Neill op 079 693 2292 of Bennie Kruger op 083 635 1731 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version