Sport

Mopani-jagters geniet presidentskiet

Die Mopani-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het die afgelope naweek die Mopaniintertakspanskiet, presidentskiet en junior streekskiet aangebied.

In die junior streekskietkompetisie het Xander van Eck met 283.04 totale punte die eersteplek gevat in die PCP o.18-afdeling. Van Eck wen ook die randslag o.18 afdeling. Christo Neveling het die PCP o.16- afdeling gewen met 249.03 punte. JE le Roux vat eersteplek in die randslag 0.16-afdeling met 260.01 punte. In die o.13-PCP kompetisie het Darin Kellerman met 274.01 punte gewen. Abrie Vijoen vat eersteplek in die randslag 0.13-afdeling met 262.01 punte.

In die o.9-veerligafdeling het Ricardo Cronjé met 276.02 punte die gouemedalje gewen. Nege spanne het aan die intertakspanskietkompetisie deelgeneem en Ngwenya Span A het is as algehele wenners aangewys met ‘n totaal van 2400.36 punte. Die span het 1260.2 punte in die vlakteskiet behaal en 1140.16 punte in die bosveldskiet. W Scholtz wen die opeklas in die kompetisie met 660.12 punte. Van Eck wen die junior afdeling met 630.12 punte en vat algehele tweedeplek met die punte totaal.

Also read: SA Hunters Mopani Branch warns about Mynas

S Stolz en die vroue-afdeling met 610.08 punte en JL Viljoen wen die B-divisiekompetisie met 610.06 punte. ID van Wyk wen die C-divisie met 590.1 punte. JI Maritz wen die senior afdeling met 380.04 punte. In die platinum-afdeling het W Scholtz met 660.12 punte die eersteplek gevat en junior skut, Van Eck vat tweedeplek met 630.12 punte.

Die Mopani-tak bied Saterdag, 25 Junie ‘n multi-dissipline-skietdag aan. Op 27 Junie word toegewyde sportskietopleiding aangebied. Baanoffisieropleiding word op 28 Junie aangebied. Skakel Otto van der Star op 082 568 1474 vir meer besonderhede. ‘n Windbuks-plaatjieskietdag word op 2 Julie aangebied by die Phalaborwaskietbaan. Die kompetisie is oop vir alle ouderdomme en luggewere tot en met 5.5mm. Skakel 082 804 1188 vir inliging.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button