Riepies se dag van mini-netbal en bulletjie-rugby ‘n fees

‘n Groot skare ouers en klein sportgeesdriftiges het die afgelope naweek na Laerskool Mariepskop gestroom vir die jaarlikse bulletjie-rugby- en mini-netbaldag.

Toekomstige sportsterre van agt skole naamlik, Laerskool Drakensig, Laerskool Dr. Annecke, Laerskool Mariepskop, Laerskool Ohrigstad, Laerskool PhalaborwaSuid, Laerskool Phalaborwa-Noord, Laerskool Steelpoort en Laerskool Tzaneen het die dag bygewoon. Dié dag was vol pret belaai.

Also read: Riepies se super atlete neem deel aan Mopani Kampioenskappe

Die mini-Riepie-mammas van Mariepskop Kleuterskool het die honger mae vol gehou deur pannekoeke, yankees, tjips en nog vele meer te gebak en brou het. Die dag was gekroon met goeie sportsmangees en gelukkige kinders.

Laerskool Mariepskop bedank graag elke afrigter, personeellid, ouer, oupa, ouma en klein sportster wat die dag moontlik gemaak het en bygewoon het. Hul het almal deel uitgemaak van die lekker dag!

Exit mobile version