Groot wen vir Letaba vs Messina

Letaba-rugbyklub se eerstespan het Saterdagmiddag by die skougronde ‘n oortuigende wen teen Messina opgeteken in hulle eerste ligawedstryd van die jaar.

Die eerste drie vir Letaba is deur vleuel, Sidwell Kubayi in die eerste paar minute van die eerstehelfte aangeteken en losskakel, André Klopper het suksesvol die drie verdoel vir nog twee punte op die telbord. Messina het egter vinnig terug geslaan en self agter die doellyn gaan kuier. Du Toit Hartzenberg het daarna weer vir Letaba gaan druk.

Letaba se heelagter, Carel O’Niel met die bal in hand.

Dylan Herrendoerfer het kort daarna nog ‘n pragdrie gemaklik onder die pale gedruk, wat Klopper verdoel het. Teen halftyd was Letaba 22-12 voor. Letaba het die tweedehelfte oorheers en het die besoekers van Messina laat les opsê in die skrums en losgemale. Klopper het self deurgebreek om onder die pale te gaan kuier en verdoel sy eie drie met sukses.

Also read: Bosveld Pumbas wen 29-26 in naelbytstryd teen Letaba

Kubayi het weer deurgebreek vir sy tweede drie. Agtsteman, MJ Bensch het gesorg vir omgekeerde besit by die afbreekpunte en Klopper het vier van die vyf drieë verdoel en twee strafdoele tussen die pale deurgestuur om ‘n totaal van 19 punte aan te teken. Messina kon nie verder punte aanteken in dié helfte nie. Letaba beklink die wedstryd met ‘n eindtelling van 39-12. Letaba sal weer op 7 Mei op hulle tuisveld by die skougronde in aksie wees teen Potties-rugbyklub.

Exit mobile version