Noel beleef sy eerste Epic

Die 2022 Cape Epic-bergfietsuitdaging het verlede Sondag na agt dae se uitmergelende roetes en uitsonderlike hitte by Val de Vie-landgoed in Paarl tot ‘n einde gekom.

Bill Noel en sy spanmaat, Jan-Louis Pretorius het vanjaar die uitdaging wat oor agt dae strek en uit ‘n proloog en sewe dagwedrenne bestaan aangepak. Die span, genaamd Span Will and Grace het dié toets van karakter aangedurf en die Cape Epic voltooi in 39:26.57,5. Hulle span is 29ste in die meesterskategorie en algeheel 101ste.

Bill Noel en Jan-Louis Pretorius het verlede Sondag die Cape Epic bergfietstoer by Val de Vie in Paarl voltooi.

Die Cape Epic het vanjaar oor 681km gestrek en meer as 16900m is geklim. “Die eerste twee dae was vir my, persoonlik, baie uitdagend gewees. Dit was verskriklik warm en hulle het tot 47ºC gemeet,” vertel Noel wat vanjaar sy eerste Cape Epic aangedurf het. “My spanmaat, Jan-Louis was hier sterk gewees en het my deur dit gehelp,” sê Noel.

Pretorius vertel dat die ervaring jou op alle vlakke meet en moeilik is om in woorde te stel. “Dit is ‘n massiewe voorreg om gesond en fiks genoeg te wees op die Epic te kan voltooi. Die grootste voorreg is om so ervaring met iemand spesiaal te deel. “Ek en my vrou, Janine het die vorige Epic in 2018 saam aangedurf en vanjaar het ek dit saam met Bill gedeel.

Also read: Cape Epic: ‘Dit was ’n riller!’

As mens regtig iemand se karakter en gees wil leer ken dan moet ‘n mens agt dae saam op die Epic spandeer,” vertel hy. Noel vertel dat hy en Pretorius sterker geraak het soos die uitdaging verloop het. “Teen Sondag was ons doel om in die top 100 te wees, ons het dit toe met een plek gemis, maar het goed ingehaal,” sê hy.  

Span will and grace dagwedren uitslae

Proloog: 24km in 01:20.06,5

Dag 1: 92km in 05:55.37,3

Dag 2: 123km 07:28.47,8

Dag 3: 101km 05:26.56,3

Dag 4: 82km in 04:42.07,0

Dag 5: 115km in 05:42.39,6

Dag 6: 76km in 04:56.15,5

Dag 7: 68km in 03:54.26,7

Exit mobile version