Tzaneeners presteer in die Baai

Tzaneen se sportsterre het die afgelope naweek gereis na Gqeberha vir die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe en ook vir die Ironman-ultra-driekampbyeenkoms.

By die SA tweekampkampioen-skappe het Cor van Heyningen Tzaneen en Limpopo se naam hoog gehou deur derdeplek in die veteraanskategorie te vat. Die tweekampbyeenkoms bestaan uit ‘n 800m-naelloop en 100m-swemitem. Van Heyningen het die naelloop in 2:32,35 voltooi en die 100m-swem in 1:09,25. Die Ironman bestaan uit 3.8km-swem, 180.2km-fietsry en 42.2km-hardloop, maar ongelukkig is die swemitem Saterdag gekanselleer vir veiligheidsredes.

Steve Wilson

Linda de Nysschen, wat die 3000m-opewater swemitem by die Ebenezer Myl gewen het, vertel dat dit vir haar ‘n groot teleurstelling was, maar dat veiligheid eerste kom. “Die weer het dit ‘tough’ gemaak,” vertel De Nysschen. Sy voltooi die verkorte Ironman in 10:23:24 en vat sodoende sesdeplek in haar kategorie. Met dié tyd is sy ook 25ste in die vroueafdeling en 172de algeheel. “Ek sal maar volgende jaar weer die Ironman moet doen vir die swem,” lag De Nysschen wat die jaar haar eerste vol Ironman aangepak het.

Linda de Nysschen

Lees ook: Cape Epic: ‘Dit was ’n riller!’

Sy sien uit daarna om deel te neem aan die 70.3 Ironman wat in Junie in Durban sal plaasvind. Leon Roode voltooi die Ironman in 9:43:42 en is sodoende 19de in sy ouderdomsgroep. Hy is ook 66ste in die mansafdeling en 76ste algeheel. Roode oorweeg dit om volgende die Mac Mac-ultramaraton aan te pak in Mpumalanga. Steve Wilson het sy Ironman in 9:45:15 voltooi en 21ste in sy ouderdomsgroep oor die eindstreep gehardloop.

Cor en Liezl van Heyningen.

Hy verdien met die tyd ook’n 77ste plek in die mansafdeling en 90ste plek algeheel. Jan-Louis en Janine Pretorius het ook die uitdaging aangedurf. Jan-Louis het die Ironman in 10:49:48 voltooi en sodoende 31ste in sy ouderdomkategorie gevat. Hy is 202de in die mansafdeling en 237de algeheel. Janine het die Ironman in 12:07:49 voltooi en vat die 16de plek in haar ouderdomsgroep, 88ste plek in die vroueafdeling en 421ste algeheel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version