Phalaborwa: Anré is SA skaak speler van formaat

Anré Waters van Phalaborwa, is 'n skaakspeler van formaat en een van die bestes is Suid Afrika.

Anré het in gr3 kennis gemaak met skaak en glo, dit was liefde met die eerste oogopslag.

Toe Anré Graad 6 behaal, het hy op ‘n meer mededingende vlak in Johannesburg begin speel en het hy sedertdien Ekurhuleni by die Suid-Afrikaanse toernooi vir skaakspelers verteenwoordig.

Sy harde werk is beloon toe hy uiteindelik gedurende 2017 vir die SA span verkies is.

Anré het vir die Herald gesê, “Skaak is my passie en daarin het ek Provinsiale- en SA Kleure ontvang. Ek was bevoorreg om SA te kon verteenwordig by die ‘Common Wealth Youth Chess’ toernooi verlede jaar.”

“Werk hard en oefen, geniet die spel en moet nie onmiddelike sukses verwag nie. Moet nooit ophou strewe vir sukses nie,” het hy aan die skaakspelers wat graag soos hy wil presteer, gesê.

Anré sê hy was baie gelukkig om vriende te hê wat deur middel van gesonde kompetisie mekaar motiveer om hoër hoogtes te bereik.

Anré het ook agt onderskeidings behaal met sy graad 12 uitslae.

Sy pa, Sean Waters, het vir die Herald gesê, “Ek is baie trots, en bedank die top onnies van Phalaborwa wat gehelp het dat Anré in 2017 SA Kleure vir skaak behaal en nou kan spog met agt onderskeidings.”

“Anre is ‘n oud-Rooi Skool en King Fisher student en ons is baie trots op hom. Hy het aan ons gewys dat mens, ten spyte van stuikel blokke op jou pad, dat jy kan bereik waarin jy glo as jou geloof reg is,” vertel sy ma, Willa.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version