Sport

HOEDSPRUIT: Vang groot en wen groter by Klaseriedam

Prysgeld van R21 500 kan gewen word tydens die Swerwers Kompetisie te Klaseriedam aangebied deur Hoedspruit Diepsee Hengelklub.

Die kompetisie skop af op 13 Januarie om 06:00 en die skaal sluit om 18:00 op 14 Januarie.
Hengelaars kan hulle vangs regdeur die twee dae weeg.
Die prysuitdeling sal ook op 14 Januarie plaasvind om 18:15.
Die skool met die swaarste sak kan R3000 wen.
Die inskrywingsfooi is R50 en kinders onder 18 jaar betaal slegs R25, dit sluit in ‘n spitbraai en bykosse.
Visse kan by enige dam of rivier gevang word.
Kaartjies sal beskikbaar wees by Abdool se winkel, Horbill, die Hengelklub, Agribox, Steers en Klaseriedam.
Vir meer inligting skakek Johan 071 676 3047.

Related Articles

Back to top button