Sport

Reën kan raak-rugby nie demp

Letaba Rugbyklub se raak-rugby toernooi was weer eens 'n groot sukses en is ten spyte van die reënweer goed bygewoon

LETABA se raak-rugby toernooi was Saterdag ‘n reuse sukses en is dit gewoonlik braaivleis, rugby en sonskyn, maar Saterdag was dit net braaivleis en rugby en nieteenstaande die reënweer, het die publiek en spanne in getalle opgeruk en die dag goed ondersteun.

Braaivleisvure is onder gazebos aangesteek en die spanne is luiddriftig ondersteun.

Die koel weer het veroorsaak dat die manne nie so gou moeg geword het nie en was dit opmerklik dat die nat bal nie eers die hantering beïnvloed het nie en het die Letaba streek weer gewys dat hier baie talentvolle rugbyspelers is.

‘n Paar van die ou manne moet net ‘n paar kilogram afskud en kan hulle dalk net weer die nasionale keurders se oog vang.

Daar was epiese wedstryde gewees, soos die wedstryd tussen Smit Garrun en Premium Trucking, wat in ekstra tyd beslis moes word.

Darius Geldenhuys en Borries Bornman het die oog gevang vir hulle onderskeie spanne.

Stoffel Vermaak Snr het opgedraf en afgedraf vir Hi-Q terwyl Junior die braairooster beman het.

Gerhard Smit en Har-Jo Engelbrecht moet dalk weer die tokse nader trek om Letaba se losskakel probleem op te los.

Vir Realty 1 het Ruan Roets baie punte beteken en is hy goed ondersteun deur JP O’Connel en het Pieter Human Jnr sy spelers takties goed afgewissel.

Bosveld rugbyklub het ‘n span ingeskryf en NTT Toyota Hoedspruit het ook deelgeneem en was die swaers, Cornel Jacobs en JP Kardos, weer hulle gebruiklike handvol vir hulle teenstanders.

Carel Theunissen, Eben Fichardt en Quinton Kruger het gewys dat vaste voorspelers ook kan systap.

Noord Chem was die hele dag uiters kompeterend en was hulle ongelukkig om nie in die finaal te speel nie en het hulle 3de geëindig in die toernooi.

Kaptein Johan Coetzee en Luan Labuschagne was die keur in hulle span.

Die finaal is gewen deur Johan Steyn Prokureurs teen Supa Quick Duiwelskloof. Die wenspan het deur die hele dag net 2 drieë afgestaan en 24 drieë gedruk en was Derik Steyn en Sello Sekwala die groot uitblinkers met onderskeidelik 5 en 7 drieë elk vir die dag.

Daar moet darem gemeld word dat Supa Quick Duiwelskloof seker gemiddeld 15 jaar ouer was as hulle jonger teenstanders, maar het Gerhardus Geldenhuys, Marius Botha en Willem Snyman gewys dat alhoewel spoed ontbreek, ervaring altyd tel.

Die volgende spanne het almal deelgeneem en was dit almal eens dat hulle volgende jaar weer daar gaan wees: Johan Steyn Prokureurs, Stephan van Rensburg Prokureurs, Bekmar, Keyshop, Hi-Q Tzaneen, ADA Kings Court, Noord Chem, Premium Trucking, Bosveld Rugbyklub, NTT Toyota Hoedspruit, Built It, Carien Borduurders, Tafelberg, Supa Quick Duiwelskloof, Smit Garrun en Realty 1.

Related Articles

Back to top button