BlogsEditor's choiceOpinion

TZANEEN: ‘Kyk gou in die lug…sien jy dit ook?’

Iets was in die lug drie keer groter as 'n ster....

Sondagaand 9 September  het op ‘n Vreemde Vlieënde Voorwerp ‘histerie’ uitgeloop nadat Gerda van der Westhuizen, ‘Iets wat driekeer groter as ‘n ster is,’ in die lug bokant Tzaneen gewaar het.

Van der Westhuizen het dit goedgedink om as informant op te tree en LETABA HERALD geskakel, sommer so via FaceBook. “Ek kyk baie vir die sterre. Nou, ons bly in George’s Valley. Kyk gou in die lug na Pietersburg en George’s Valley se kant toe .

Sien jy ‘n groot tipe van ‘n ster?” vra sy. Soos ‘n wafferse sterrekundige is daar na buite gehaas, want mens weet mos nou nooit of die tipe nuus, jou voorblad artikel kan word nie. Maar niks. Of dalk… “Ek sien iets maar weet nou nie of ons dieselfde ding sien nie,” het ons terug laat weet.

“Wat dit ook al is, dit is groter as ‘n sateliet en stêr, dalk ‘n planeet. Hy is nooit daar nie en as hy wel daar was het ek hom nog nooit gesien nie. Hy is baie groot en helder,” laat weet Van der Westhuizen terug.

Dis toe dat die nuus gogga byt, en die gesprek verloop soos volg verder: “Ek stel voor jy neem ‘n selfoon foto en vra op Facebook dieselfde vraag, dan kyk ons wat kom van dit! Sosiale media is great met sulke goed. Of neem video ook! Kan dalk viral gaan! Dalk sit ek en jy nou op groot nuus. You never know…”

Maar die Herald en Gerda se soeke na die vreemde lewer niks op nie. Niemand sien wat sy sien, en wat ons dink ons sien nie. “Dalk is dit net ‘n verbygaande sateliet,” laat weet ons haar.

“Dis dan ‘n moewiese een,” laat weet sy terug.

“Hoor hier jy mag dalk reg wees want ek sien hom nie meer nie. Ek sê vir jou daai ding is groot. Amper gedink dis end of the world stories,” skerts sy.

Later na bedaring laat weet Gerda, “Mense gaan vir my lag. Ek sou ook. LOL! Hopelik sien iemand anders hom waar ook al hy nou is. Ek dink hy is oor Pietersburg se kant dalk sien iemand hom.”

Letaba Herald laat weet ons susterskoerant, Northern Review se joernaliste, en sommer redakteur ook, met ‘n tag om op die uit kyk te wees vir die snaakse verskynsel. Met ons ter perse gaan…doodse stilte…. Dalk het die helfte van Tzaneen buite gaan staan en ook na die ‘vreemde’ verskynsel begin soek. Wou sê, dit het ietwat donkerder geword, amper soos beurtkrag, soos wat inwoners ligte afgeskakel het. Minder krag op aarde om meer te sien wat in die hemelruim aangaan. Maar niemand laat weet niks.

Net Martie van Deventer. Bosse in met haar kamera op die plaas. Maar niks laat weet sy. Net mooi sterre. Gerda kan ook net nie rus vir en na haar soeke kry nie. “Ek lees nou net op Google, China-hulle het wel vandag ‘n sateliet lug toe gestuur dalk nog hy gewees, weet nie,” laat weet sy.

“Slaap lig,” laat weet ons, “Netnou staan ET langs jou bed,” groet ons en sê nag.

Vroeg Maandagoggend groet Gerda vriendelik.

“More-more. Hoor hier, gisteraand kon ek nie slaap nie. Dit het my gepla. Want ek sien op Google, 9 September iets van ‘n meteoor…ek het eers na 02:00 gaan slaap.’ Daar loop die gesprek toe ook dood en ons beide gryp die dag aan.

Maandagaand, om omstreeks 18:00 laat weet Letaba Herald vir Gerda om vinnig in die skemer lug op te kyk.

“Kyk in die lug, ons sien dit, of iets, sien jy dit?” “Ja, dit is baie cool.”

“Dit is baie-baie mooi,” laat weet ons terug.

Stilte.

Ons weet nie wat om te dink nie. Ons dink dit is maar met die draai van die seisoene dat ons nader aan die sterre is …ons weet nie…LOL. Maar dis cool.

Maar, dan tel ons mos ook die dae af na Kersfees toe.

Dalk begin die aandster helderder skyn net soos daardie aand toe Hy gebore is.

Dalk is dit tyd dat ons weer in die regte rigting begin kyk.

En so ons wonder ons nog steeds wat Gerda Sondagaand gesien het…

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button