‘n Briefie vir pa van Bo op Vadersdag

Pa, ek skryf vir pa hier uit die Hemel uit ou grote.

Hier waar alles net heel en vol vreugde, liefde en vrede is. Pa

Pa was die beste.

Ons het so baie goed saam gedoen, gedink en gepraat. Al die boerderydinge, al die raad daaroor. Hoe om

Hoe om lande uit te meet, hoe om gif te spuit en wat se gogga sal dié nou weer wees… met die nodige foto’s daarvan op whatsapp.

Voëls, bome en die natuur in die algemeen, ‘n belangstelling wat ons gedeel en saam geniet het.

Die aande om ‘n vuurtjie… vroegoggende op julle bed. Pa se voorbeeld en die opvoeding waarmee pa gehelp het om my ‘n mens te maak.

Die liefde en respek wat pa teenoor mamma en ons gesin gehad het was deel daarvan. Die baie grappies die baie humor… en bo alles die ongelooflike liefde en sterk band tussen ons almal. Maar nie net dit nie pa. Pa

Pa se filosofie van die reier wat die paddatjie ingesluk het – never let go – hou daai keel toegedruk en kom daaruit. Dis hoe pa my geleer het om uitdagings en probleme te hanteer en dit het elke keer gewerk. En dan om my

En dan om my werk my eie te maak, die plek waar ek werk, my eie te maak asof dit aan my behoort en trots te wees op dit.

Dis nie al wat ons gepraat het nie: Daar was nog een: “Bly altyd in beheer.” Dit het ongelukkig nie altyd gewerk nie… Ag en ja dit was ook nie altyd maanskyn en rose tussen ons ou klompie nie.

Daar was baie koppe stamp en al daardie dinge, maar ons het dit altyd weer reg gemaak en dit het ons net nader aan mekaar gebring.

Ek weet ook pa gaan my weer wil bel as daar rugby, veral die Bulle, en krieket op TV is – maar die telefoonnommer is in pa se hart.

Gesels met my daar. Dan was daar raad oor die liefde, die allerdaagse lewe, maar die heel belangrikste van alles, geloof. Dat mens nooit sonder die Here iets kan doen nie.

Dat mens altyd aan Hom moes vasklou, Sy raad moes vra, al het dit soms gevoel of Hy nie daar was nie.

Dan het Hy my gedra pa… soos pa my vertel het.

Dis die rede hoekom ek nou van dié adres af skryf… Ek sal nou nooit ‘n pappa wees nie, maar ek dink ek sou ‘n goeie een kon wees oor pa… Lief vir pappa vir altyd…

Exit mobile version