Liewe skoolhoof, ons soek ‘n antwoord…

Ouers se hande is afgekap terwyl hulle kinders by die skool is. 'Net 'n ma' van Tzaneen skryf 'n ope brief aan al die skole:

Geagte Meneer die Hoof, lede van die ouerkomitee, juffrouens en menere:

Daar kom ‘n tyd in ‘n mamma se lewe wanneer jou hande afgekap is as dit by jou kinders kom, wanneer jy jou kinders moet los in die kloue van ander gediertes…

Daardie tyd is die tyd by die skool.

Jy los jou kind onder toesig van volwassenes en hooggeleerdes en leiers en wie nog en tog onder die toesig van almal word kinders geboelie!!

‘n Eens spontane kind is nou teruggetrokke agv ‘n boelie, ‘n kind wat lief was vir haar lekker tuisgemaakte kos in die aand wil nou nie meer eet nie, ‘n kind wat van sport gehou het, wil nou aan geen sport deelneem nie!!

Wat gaan aan met die kinders? Of is die vraag dan eerder, wat gaan aan by dié boelie-kinders se huise?

Is ouers dan so onbetrokke by die kinders, dat die kind sy aandag op ‘n ander manier soek?

Ek as ‘n mamma wil net die beste vir my kind/ers hê!!

Die beste het regtitg niks met GELD uit te waai nie!!

Nee, dis dinge wat geld nie kan koop nie!! Dit beteken jy leer jou kind dat nie almal eenders lyk nie, nie almal eenders presteer nie, jy leer jou kind om nederig te wees, om maniere te hê!

Jy leer jou kind van respek!

Die boelies is deel van die skool! Waar volwassenes is! Waar daar leiers op die speelgrond is!

Hoe kan dit dan gebeur?

Hoekom het jy dan leiers aangestel Mnr die Hoof? Hoekom is daar volwasse personeel aan diens op die speelgrond, Mnr die Hoof?

Wat word gedoen aan die probleem, Mnr die Hoof?

Hierdie probleem kom nie van gister af nie! Dit bou en bou en daar word niks daaraan gedoen nie.

Neem die kind se pouse weg! Wys die boelies vir die hele skool! Verwyder die boelies!!

Daar moet tog iets wees wat julle as volwassenes kan doen?

Het die skole ‘n “Plan van Aksie teen Boelies” – sal julle dit met ons deel sodat ouers vir hulle kinders kan vertel wat met hom/ haar sal gebeur wanneer hy/sy ‘n boelie is?

Geen kind het die reg om ‘n ander af te breek nie, en elke kind is uniek in sy/haar eie manier…

Lewer gerus kommentaar of epos bertus@herald.co.za

Exit mobile version