LettersOpinion

Busse wek kommer

Bekommerde Tzaneense padgebruiker skryf:

Ek ry uit die aard van my werk baie op die paaie in die Tzaneen omgewing rond.

Die groot hoeveelheid busse van die Great North Transport op hierdie paaie verwys.

Einde verlede jaar het ek in die Letaba Herald gelees van ‘n GNT bus wat die Deerparkpad byster geraak het.

In daardie berig is daar melding gemaak van moontlike gladde bande en ander padwaardigheid kwessies.

Dit was dus met groot skok wat ek die naweek van die ongeluk op die George’s Valleypad verneem het.

Weereens een van dieselfde maatskappy se busse wat betrokke was.

Tien mense is dood en tientalle beseer in wat blyk om die nagevolg te wees van ‘n kombinasie van ‘n onpadwaardige voertuig en ‘n drywer se roekeloosheid.

Die regering was vinnig om kommentaar te lewer en het gesê dat hierdie maatskappy se busse almal padwaardigheid toetse moet aflê.

Dinsdagoggend het ek egter die pad geslaan en groot was my verbasing toe ek talle GNT busse op die paaie sien.

Kan dit moontlik wees dat al hierdie busse in minder as ‘n dag se tyd (sedert die regering kommentaar gelewer het) getoets is en dat almal die toetse geslaag het?

Dan wonder mens ook, hierdie opdrag van die regering was nie van ‘n afsnypunt vergesel nie.

Kan die GNT dus maar aangaan soos hulle aangaan in die wete dat hulle nie werklik enige reëls breek nie?

Related Articles

Back to top button