LettersOpinion

Ontstoke inwoner skryf ‘n brief oor die Lisensiekantoor

Iets eenvoudigs soos om 'n bestuurslisensie te kry kan 'n reuse uitdaging wees.

 

Wat diens, ongemanierdheid, ongeskiktheid, onvriendelikheid en noem maar op by die toetssentrum betref, kan ek baie sê.

Met my oudste seun se leerlinglisensie en bestuurslisensie het ek met die harde werklikheid kennis gemaak.

Een van die persone wat onbeskof was is gelukkig weg.

My oudste seun het vir ‘n uur gesit en wag voor die gebou met sy oë gerig op die deur, (toetstyd was 14h00) waarop die persoon wat hom moes uitneem net gesê het hy het nie geluister nie, hulle het hom geroep (dit was ‘n Vrydagmiddag en sy was oppad uit met haar handsak).

Nodeloos om te sê – teësinnig het sy hom geneem, maar nie eens op die pad uitgeneem nie, want die bestuurskool het hom kwansuis verkeerd geleer – wat blindekol kontroles ensovoorts betref – dieselfde bestuurskool wat menigte mense leer bestuur.

Die bestuurskool het hul bes probeer om dit te beveg, maar nie ‘n kans gehad nie.

Met my 2de seun se leerlinglisensie het ek die oggend vroeg gegaan voor 7h00 om presies uit te vind wat het ek benodig en hoe moet wat gedoen word.

Ek het ingegaan, maar niemand was in die kantore nie, waarop ek rustig staan en wag het.

‘n Dame wat daar werk het ingekom, waarop ek haar gegroet het.

Sy het na kantore agter gegaan en papiere begin uitdra en my totaal ignoreer.

‘n Man (‘n lid van die publiek) het ingekom en agter my gaan staan.

Sy het onmiddellik gevra hoe sy hom kan help. Eers daarna het sy my gehelp.

Wat verlede Saterdag betref – ek het juis toe gegaan omdat dit stiller is Saterdae.

Vandat ek by die sentrum gestop het, is ek gepla deur die persoon wat ID foto’s neem, maak nie saak hoeveel keer ek gesê het ek het dit nie nodig nie.

Ek is terug huis toegestuur om ‘n bewys van verblyf te kry.

Terug by die sentrum, het ek ‘n vorm gekry, dit ingevul en in die ry gaan staan.

Die kassiere wat my gehelp het was baie vriendelik.

Ek sou graag haar naam wou noem, maar wil haar nie onnodig in gevaar stel nie.

Die oogtoets het goed verloop.

Weer terug in die ry – net om te betaal.

Ons het redelik lank staan en wag.

Terwyl die dame voor my gehelp is, het ‘n man by die kassiere(dieselfde vriendelike kassiere) gaan staan en gesels.

Na die dame voor my klaar is, het die kassiere vir my gevra of die man (wat nog steeds by haar gestaan het met sy papiere om gehelp te word) met my gepraat het.

Ek het gesê nee.

Sy het my nader geroep en begin help.

Ek het haar saggies bedank en gesê dat die jonger geslag nie meer respek vir ouer mense het nie.

Hy het ooglopend ingedruk.

Die man het toe regs van my gestaan en iets gemompel van hoekom wil ek net baklei.

Ek het hom ignoreer waarop hy begin het om aan te hou sê “I love you, I love you.” Ek het net voor my gekyk en aangegaan.

Ek het later gevra hy moet my asseblief uitlos ek is besig met ‘n transaksie.

Hy wou nie ophou nie waarop ek vir hom gesê het hy het geen respek vir my of enige van die mense in die ry nie.

Het hom gevra of ek my man moet bel waarop hy gesê het “phone him, phone him. I will beat you up. I will beat you and your husband up” Hy het iets uit sy sak geruk waarna ek geweier het om te kyk, maar moes ‘n mes wees want het dit oop “geflick”.

Het vir my gesê “do you see this, do you see this, I will beat you and your husband up”

Ek het die dame regs van die kassiere gevra om asseblief die polisie te bel waarop sy nie reageer het nie.

Ek het vir haar gesê as sy dit nie doen nie, sal dit in die koerante wees.

Sy het net in haar eie taal met die man gepraat.

Ek het die kassiere betaal en so gou moontlik daar uitgekom.

My motor was heel bo in parkeerarea geparkeer.

Ek kon nie ‘n foto van die man neem nie, want is seker hy sou my selfoon gryp, of geweldadig optree.

My vraag is net – wat as dit ‘n jong skooldogter of seun was, of ouer persoon, of enige iemand wat net die verkeerde ding gesê het en die man laat optree het??

Ek was kwaad maar het nie kwaad opgetree nie, my “cool” gehou en nie gewys dat ek enigsins bang was nie.

Wat as ek daar aangerand is? Wat is die prosedure? Is die mense opgewasse om so ‘n situasie te hanteer? Hoekom is die man toegelaat om uit die ry na voor te gaan en toegelaat om daar te staan? Is daar enige sekuriteit?

Ek was in ‘n openbare plek met publiek rondom my.

Is dit hoe dit moet gaan?

Sekerlik moes die personeel van die begin af gesien het hier is ‘n moeilikheidmaker en hom verwyder het.

Twee mense van die departement het presies gehoor wat gesê is en wat aangaan.

Hoe vêr is genoeg genoeg.

Moet ons almal maar net stilbly en die gepeupel laat voortgaan omdat ons ons families wil beskerm?

My man is na die toetssentrum om te gaan uitvind wat aangaan.

Hy is meegedeel dat hulle hom nie die persoon se naam en besonderhede kan gee nie – sal polisie moet laat kom.

Wow toe ek basies in lewensgevaar was is niks gedoen om my regte te beskerm nie.

Die probleem is dat ek nie ‘n saak gaan maak het nie.

Eers na die tyd besef daar behoort kamera’s te wees, maar die volgende dag was blykbaar reeds te laat vir ‘n saak.

Ek voel net om alle mense in Tzaneen te waarsku, maak nie saak wie en wat nie.

Die toetssentrum is ‘n publieke gevaar.

Iets daadwerkliks sal gedoen moet word om die situasie te verbeter.

Daar behoort ‘n persoon te wees wat net doodgewone vrae beantwoord soos wat het ek nodig as my kind vir ‘n leerlinglisensie wil aansoek doen of as ek my lisensie wil hernu ensovoorts.

Of selfs eenvoudiger ‘n ordentlike “flip file” waarin alles aangedui kan word, sodat mense dit net kan deurgaan en nie in ry hoef te staan nie.

Vir alles moet jy eers in ‘n ry staan.

Wat opgeplak is is ook nie noodwendig wat die werklikheid is nie.

Moenie eers probeer bel nie, want die telefoon word nie opgetel nie of dit werk nie.

Ek laat dit aan u, die leser, oor om te besluit wat om hiermee te maak.

Die waarheid is dat ek glad nie voor die tyd bedreig gevoel het nie, slegs toe die man begin.

Dit is wat kommerwekkend is, ons as publiek vertrou en aanvaar dat dit nie ‘n plek van gevaar behoort te wees nie.

Neville Ndlala van die GTM reageer soos volg:

This matter need to be investigated, it has not been brought to the attention of our management, we therefore have no record of such incident.

It will therefore be important that the complainant provides important information ( such as date, names of personnel etc) to assist us in the investigation.

Secondly if the applicant failed that will be explained to him, this is based on applicable procedures and assessment , again this issue require that the applicant provides information to help us in our investigation or enquiry.

There is always two sides of a story and we would like to get both sides before taking the necessary steps.

Related Articles

Back to top button