LettersOpinion

Swem is my nie beskore

Te warm sonder 'n swembad skryf:

Ek is een van daai mense wat niks daarvan hou as iets nie vir my beskore is nie.

So bevind ek myself verlede week voor die geslote hekke van die Tzaneen Munisipale swembad.

Op ‘n snikhete Tzaneen middag drentel ek van my kar af na die swembad se ingang toe.

Net om uit te vind die swembad is steeds nie oop vir die publiek nie. Hoe is dit moontlik?

‘n Maand gelede is vir ons as inwoners gesê die swembad is reg, hulle kort net lewensredders.

En nou, met sweet wat poele om my voete vorm, moet ek hoor dis steeds die probleem.

Kan niemand wat by die Munisipaliteit werk swem nie? Laat die manne bietjie naweke oortyd gaan verdien.

Ons as vuurwarm en geswete belastingbetalers is immers vir daai oortyd ure verantwoordelik.

Kom nou mevrou burgemeester.

Maak asb nou ‘n plan dat Tzaneen se wit olifant se uitdagings iets van die verlede kan word.

Wie weet, dalk kan ‘n paar lengtes in ons dorp se swembad tog nog in 2015 vir my beskore wees.

Related Articles

Back to top button