LettersOpinion

BJV reageer op SAL besluit

HANSIE Botha, Jagter en Bosveld Jagters Uitvoerende Ondervoorsitter se reaksie op SAL se besluit:

Die groot vraag wat ons vir ons self moet vra is waar stop ons as mens om in te meng in die natuur? God het ons as mens al die diere, plante ensomeer gegee om te bestuur en benut. Daar is baie studies deur eksperts gedoen en waar SA ‘n eksponensiële opwaartse verbetering in bewaring van spesies gewys het oor die laaste 4 dekades, het ander lande, wat die waarde van diere weggeneem het deur eienaarskap van wild te ontneem van die mens, in duie gestort.

In Kenya was daar sedert die vroeë 1970’s ‘n oorvloed van wild maar deur nie “bewaring deur benutting” toe te pas nie het die wild weer “pestelensies “ vir bestaans en komersiële boere geword en het hulle tans minder as ‘n derde van hul oorspronklike wild populasie oor met meer spesies op die rand van uitsterwing.

Selfs in SA het jag vir die pot of sport in die vorige eeue die uitsterf van spesies tot gevolg gehad vanweë onkunde oor hoeveel daar van wat is. Daar was nie eienaarskap van wild aan boere nie so, indien dit nie vir die pot gejag is nie is dit summier geskiet as “pestelensies” wat die vee~ of gewas boerdery benadeel het.

Vanweë menslike inmenging is migrasie roetes van trek wild versteur en hoe meer heinings opgekom het, hoe meer is die natuurlike habitat van diere en wild, wat groot areas benodig, ingeperk en versteur. Die kort en die lank is dat die mens nie kan onttrek uit die inmenging in die natuur nie aangesien die mens dit reeds onomkeerbaar benadeel het.

Vir enige produk moet daar ‘n eindverbruiker wees om dit lewensvatbaar te maak, dis ‘n eenvoudige ekonomiese beginsel. Sou daar nie ‘n aanvraag vir mielies wees nie sou niemand dit plant nie. In die wildbedryf is daar twee hoofgroepe eindverbruikers, jagters (plaaslik of buiteland en biltong of trofee) en wild telers wat aan spessifieke behoeftes van die jagbedryf voorsien.

Hiedie twee groepe is tans redelik “beginsel gepolariseerd” oor ‘n paar aspekte waarvan die teel van kleur variëante waarskynlik die grootste verskilpunt is. Tog is daar baie goeie eienskappe in die groepe, alhoewel hulle aan die einde van die lang tafel vir mekaar kyk. Of jy nou anti-jag of pro jag of anti teel of pro teel is, is dit nou die tyd om ons emosioneel versterkte beginsels in heroënskou te neem om ons verantwoordelikheid teenoor ons Skepper te kan nakom.

Alle groetes en gewasse asook veeteel het baie “wildsbloed” op hulle. kleinwild, bosvarke, seekoeie ensomeer word tans op hope gejag met of sonder skade permitte deur bestaans~ en komersiële boere, jakkalse en kleiner katsoorte in die veeteel arena an dan praat ons nie eers van die vergiftiging van knaagdiere wat direk impak het op ons voëllewe nie. Hiermee wil ek nie veralgemeen nie aangesien daar baie verantwoordelike boerderypraktyke is wat finansiëel sterk genoeg is om meer eko vriendelike risikobestuur toe te pas.

‘n Kort opsomming van wat in SA gebeur het oor die laaste paar dekades tot voordeel van ons natuurlewe deur wildbewaring vanweë die inkomste gegenereer deur die voortdurende benutting van wild en jag. Hierdie met erkening aan Dr. Mike Norton-Griffiths (Senior Ekoloog – Sernegeti Ekologiese Moniterings Program), Dr Gary A Bauer BVSc, DrMed Vet (Ophth) (President, Konfederasie van Jagtersverenigings an SA{CHASA}) en Professor Pieter van Niekerk (Vorige voorsitter van CHASA):

Tans het SA waarskynlik meer as twee maal die hoeveelheid wild as voor die 1900’s, Jag (binnelands en buitelands) dra ‘n groot deel by tot die land se ekonomie en is ‘n beraamde R8,8 Bn jaarliks werd met ongeveer R30Bn aan infrastruktuur en eiendom. Eksotiese wildtelery is binnelands tans ‘n baie groot rolspeler met meestal binnelandse geld. Daar is ongeveer drie maal meer wild in privaat besit ass in al SA se nasionale parke saam.

Die ongeveer R8,8bn word jaarliks gegenereer deur:

• Die vuurwapen industrie

• Sportjag

• Trofee en oorsese jagters

• Verbruiksitems, boeke en mediese diense

• Wild veilings en privaat verkope

• Infra struktuur en voertuie

• Toersime

• Boogjag

• Voëljag

• Taxidermi (lokaal en uitvoer) Ong R400M

• Translokering van wild

• Provinsiale permitte

• Wildsplaas investerings

• Arbeid (ong R200M)

Bedreigde spesies se voortbestaan deur die voordeel van ‘n eindverbruiker:

• Wit Renosters het gegroei van 28 tot bykans 12,000

• Sedert 1950 het die Bontebok populasie van 19 tot ongeveer 4000 gegroei

• Kaapse Berg Zebra van 11 tot ongeveer 1600

• Swart Wildebeeste van 34 (besit deur een enkele boer) tot meer as 30,000

• Baster Gemsbokke en nog vele ander kan bygesit word wat honderde mijoene gekos het op deur toegewyde telers gered te word wan totale uitwissing

Ten slotte sal ek graag wil sien dat Jagters, Wildtelers en Anti jagters saam sal streef na een doelwit, die bewaring van ons natuurlewe en tans is bewaring deur benutting die enigste realistiese alternatief aangesien alles in omheinde omgewings is en uitdunning nodig is indien nie genoeg gejag of verkoop is nie om die res van die wild te bewaar. Die mensdom het ingegryp en kan nie onttrek nie.

Daar is goeie strukture in plek om die beheer van bedreigde spesies uit te voer in die jagbedryf. Ongereguleerde afmaai van die diere vir ivoor, bedreigings vir bestaansboere in Afrika of die groot vraag na Renosterhorings is die grootste oorsaak van dalende populasies en nie gereguleerde jag nie.

Indien lugrederye voortgaan met die verbod op vervoer van skaars of bedreigde wildspesie trofeë na buitelandse bestemmings sal die ekonomiese model waarvan die bestaan van hierdie diere afhanklike is, vernietig word. Ons het die buitelandse inkomste bronne nodig juis om die spesies en genepoele te bewaar en wilddiefstal en die ongereguleerde afmaai van diere te bekamp. Om nie eers te praat van die ekonomiese en werksverliese wat die val van hierdie bedryf gaan affekteer nie.

Related Articles

Back to top button