LettersOpinion

Honde voer skribewind in buurt

Johannes Kotzé skryf: Na aanleiding van Gert Potgieter se brief aan die Letaba Herald oor die honde steurnis kan ek bevestig dat honde (eintlik die eienaars van die honde) werklik ‘n probleem geword het in Premierpark. Ek het ‘n buurman skuins oorkant, ‘n hoekerf, wat met die laaste telling 15 (vyftien) honde aangehou het. Die …

Johannes Kotzé skryf:

Na aanleiding van Gert Potgieter se brief aan die Letaba Herald oor die honde steurnis kan ek bevestig dat honde (eintlik die eienaars van die honde) werklik ‘n probleem geword het in Premierpark.

Ek het ‘n buurman skuins oorkant, ‘n hoekerf, wat met die laaste telling 15 (vyftien) honde aangehou het.

Die honde word in ‘n beperkte ruimte aangehou.

Vir enige beweging in die straat storm die trop honde en blaf.

Die honde byt mekaar, tjank en blaf aanhoudend.

Sommige kom deur die draadheining en loop in die straat rond. Soms kom tot vyf honde uit as ‘n bewoner tuis kom en die hek oopgemaak word.

Die hek word dan toegemaak en die honde word in die straat gelos om ‘n skrikbewind te voer totdat iemand anders weer die hek oopmaak. Daar is ook ‘n gedurige geblaf in die nag en een van die honde “howl” tot in die oggendure.

Ek het die probleem met die huurder opgeneem, sonder sukses.

Dit gaan my verstand te bowe dat iemand 15 honde op ‘n erf aanhou en die steurnis toelaat. Dit is mos belaglik om so baie honde aan te hou!

Buiten die aanhoudende steurnis is dit ook wreed om soveel honde aan te hou. Die honde teel ook onder mekaar en is daar gedurig klein hondjies.

Dink ook aan die hoeveelheid “landmyne” en vlooie/bosluise.

Iemand wat so wreed is en niemand in ag neem nie, het waarskynlik ook nie ‘n inentingsertifikaat en bewys van die jaarlikse inspuiting teen onder andere hondsdolheid nie.

Ek en my bure is raadop. Watter stappe kan geneem word om hierdie probleem op te los?

Related Articles

Back to top button