LettersOpinion

Wallie verkoop slaghuis

Wallie van Dyk van Tzaneen, skryf: Ek het Super Meat City na byna 13 jaar se bedryf, verkoop. Dit was wonderlike jare met baie hoogtepunte en natuurlik ook laagtepunte. Graag wil ek dan ook al my lojale klante bedank vir julle ondersteuning deur die tydperk. Ook my personeel wat deur die jare ‘n getroue pad …

Wallie van Dyk van Tzaneen, skryf:

Ek het Super Meat City na byna 13 jaar se bedryf, verkoop.

Dit was wonderlike jare met baie hoogtepunte en natuurlik ook laagtepunte.

Graag wil ek dan ook al my lojale klante bedank vir julle ondersteuning deur die tydperk. Ook my personeel wat deur die jare ‘n getroue pad saam met my gestap het. Aan my verskaffers, dankie vir super gehalte en kwaliteit diens wat julle aan my gelewer het.

My gesin, Elske, Elzette, Wouter en Werner, groot dankie ook vir julle bydrae wat julle gelewer het. Dit was regtig spesiaal dat julle deel was van Super Meat city.

Die grootste dank aan my Hemelse Vader. Sonder Sy hand in my besigheid sou dit nie moontlik gewees het nie. Dit is dan ook Sy hand wat my die toekoms sal invat en lei tot nog vele meer hoogtes in my leeftyd.

Ek bly nog steeds in die vleisbedryf en gaan hoofsaaklik s[esialiseer in aankoop, verkoop en verwerking van wildsvleis.

Hiermee wens ek die nuwe eienaars sukses en voorspoed toe met Super Meat City en mag hulle van krag tot krag gaan.

Mag u almal ‘n geseënde tyd en ‘n blink 2015 beleef.

Related Articles

Back to top button