Gelofte: ‘n Saak van die hart

Dirk Joubert van Tzaneen, skryf: Slag van Bloedrivier, Dingaansdag, Versoeningsdag en dalk nog Mandeladag – hierdie is name wat op 16 Desember van toepassing sou wees, maar slegs een, die Slag van Bloedrivier, sal steeds in die Afrikanerhart meer simpatie opbring as enige ander slag in die Afrikaner-geskiedenis. Die Slag van Bloedrivier was sonder tirade. …

Dirk Joubert van Tzaneen, skryf:

Slag van Bloedrivier, Dingaansdag, Versoeningsdag en dalk nog Mandeladag – hierdie is name wat op 16 Desember van toepassing sou wees, maar slegs een, die Slag van Bloedrivier, sal steeds in die Afrikanerhart meer simpatie opbring as enige ander slag in die Afrikaner-geskiedenis.

Die Slag van Bloedrivier was sonder tirade. Maar net ‘n handjievol Afrikaners wat die erns van hul situasie besef het en met opregte hart voor God gaan het en die Almagtige se hand gevra het om saam met hulle die geveg aan te pak.

Die hart van die Afrikaner is immers die binnekamer van die individu waarheen ‘n mens moet hunker wanneer daar nood is. En daarom het Jopie Fourie ook versoek dat hy deur sy hart geskiet moes word. Die hart waar alles in geberg word, van sentiment tot haat. Plaas enige saak op hart van ‘n person en hy sal dit aanvaar. Daarom het God ook beveel dat jy Hom moet liefhê met jou hele hart.

Dit is dus Bybels gefundeerd dat die hart se sake eers moet reg wees om ten volle te kan glo. So ook moes die hart ingeruim word vir die Israeliete om ses dae rondom die stad Jerigo te trek en eers op die sewende dag sou God dan die mure laat inval met die klank van die ramshorings. So ook moes die Gelofte eers vir ses dae voorbereidend wees vir die hart van die Afikaner waarop die swaerste Gelofte geplaas is om “as die oorwinning aan hule gegee word, daar elke jaar op die dag hulle dit sal herdenk”. Op die sewende dag, nl. 16 Desember 1938, was daar nik wat inmekaar getuimel het met die blaas van ramshorings nie, ,maar wel die donderslag van Sannas en voorlaaiers wat die een na die ander Zulu laat neervel het. Duisende wat gesneuwel het aan die vyand se kant en net beserings aan die Voortrekker kant het duidelik gespreek daarvan dat God teenwoordig was.

Die Gelofte was nie net deur die Trekkers eerbiedig nie, maar “vir die nageslag” moet dit ‘n heenkome van die hart wees. Die hart van die Afrikaner moet weer herstel word deur die Gelofte terug te keer. Ons kan nie toelaat dat ons kultuur en ons godsdiens agterweë gelaat word ter wille van die nageslag wat moet saamleef met die liberale of die menseregte aktiviste nie. Die gesindheid van die Afrikaner jeens sy volk, kultuur en godsdiens moet reggeruk word in so ‘n mate dat die Afrikaner weer kan besef wat die waarde van die Gelofte is en dat die aflê van die Gelofte nie net van toepassing was op daardie dag op 16 Desember 1838 nie, maar dat dit ook ‘n Gelofte is wat elke dag tot in die laaste nageslag herleef moet word om die gesindheid van die hart te rig op die Gods-betrokkenheid by die Afrikanervolk.

Dit is elke Afrikaner se onuitroeplike plig om die Gelofte na te kom en nie net op die kantlyn te staan en skree en saam te praat nie, maar daaraan deel te hê deur die Geloftefeeste by te woon, daaroor na te lees en daarin te glo dat God alleen die Afrikanervolk tot vandag toe nog bewaar het. Vertel dit aan jul kinders en neem u kinders na die Geloftefeeste.

Die vraag sal bly staan dat, of u wat hier lees bereid sal wees om die luukse en die gemak op te gee. Die vakansiedag af te stel en die werkgewer te verplig om u betaalde of onbetaalde verlof toe te staan. Want dit is u plig – u kultuur en u godsdiens – dit is wat hier ter sprake is. Dit is ook u grondwetlike reg om u eie kultuur- en godsdienstige dae by te woon. Die verskoning dat die werkgewer u nie wil afgee nie, is uitgebak en dit is hier waar die gesindheid getoets word om eerder u God te loof en te prys anders as om net weg te bly en Geloftedag as vakansiedag te sien.

Is u gesindheidheid jeens die Afrikaner in u hart reg? Is u bereid om die hart in te willig in Afrikanerdiens?

Neem dan deel aan Afrikanerskap. Maak vandag die kopskuif terug na die regte Afrikaner gesindheid en gaan geniet u Geloftefees. Skakel Dirk Joubert by 073 377 4622 vir Geloftefeesreëlings.

Exit mobile version