Sentrum word verwaarloos

Johan Louw van Tzaneen skryf: EK HET onlangs in die LETABA HERALD gelees van ‘n leser wat kla oor die agteruitgang van die Tzaneng Mall. Tot my verbasing was daar min reaksie daarop gewees en ek voel dit my plig om ook daarop kommentaar te lewer. Ek besoek minstens eenkeer per week die Tzaneng Mall …

Johan Louw van Tzaneen skryf:

EK HET onlangs in die LETABA HERALD gelees van ‘n leser wat kla oor die agteruitgang van die Tzaneng Mall. Tot my verbasing was daar min reaksie daarop gewees en ek voel dit my plig om ook daarop kommentaar te lewer.

Ek besoek minstens eenkeer per week die Tzaneng Mall en sien duidelik hoe die plek verswak. Roltrappe werk vir weke of maande nie, die gange is vuil en die ablusie nog vuiler.

Die sekuriteit is skynbaar daar om die besoekers geselskap te hou en staan lank met een vroulike besoeker en kuier sonder om links of regs te kyk. Ek besoek twee winkels gereeld en selfs die winkeleienaars kla oor die agteruitgang van die winkelsentrum. Die huur is uiteraard hemelhoog, maar die diens en ondersteuning van die verhuurders laat skynbaar veel te wense oor. Huurders kla ook oor ‘n afname in omset en ek dink dit kan direk toegeskryf word aan die algemene toestand van die sentrum. Daar maal baie mense rond, maar wie koop regtig? My raad aan die eienaars van die Lifestyle Centre is om so gou moontlik hule volgende fases te voltooi. Tzaneeners verdien beter as wat die Tzaneng Mall ons tans bied. Wat eens die vertoonvenster van Tzaneen se ekonomie was is besig om te verswak tot ‘n sentrum wat liefs vermy moet word.

Exit mobile version