LettersOpinion

Hy veruil Tzaneen nie vir die stad nie

Johan Coertze skryf: Ek wil graag met Letaba Herald se lesers my ervaring deel wat my net weer laat besef het wat se vooreg dit is om op die platteland te bly. Ek moet verlede week vir drie dae na Johannesburg reis vir ‘n sake afspraak. S o in die ryery duskant Polokwane heroep ek …

Johan Coertze skryf:

Ek wil graag met Letaba Herald se lesers my ervaring deel wat my net weer laat besef het wat se vooreg dit is om op die platteland te bly. Ek moet verlede week vir drie dae na Johannesburg reis vir ‘n sake afspraak.

S o in die ryery duskant Polokwane heroep ek die goeie ou dae van langs die pad stop en padkos geniet by daardie klein sement tafeltjies onder ‘n lekker koelteboom. Daardie dae is getel en ek trek maar in by Wimpy vir ‘n ietsie om te eet. Darem maar net nie dieselfde nie.

Hoe nader ek aan die stad beweeg hoe vinniger word ek ingesluk deur die beton oerwoud. Die bestuurders langs en om my bestuur met strak gesigte. Dis ‘n gejaag nawind, en my L nommerplaat help nie veel vir ander se pad erns nie. Dis drukverkeer en bonop bars ‘n hoëveld storm uit, met ligte hael.

Ek is gewoond aan Tzaneen se druk verkeer op maandeinde en dalk oor Kersfees. Hierdie drukverkeer is DRUK verkeer.

Ek staan 7:30 in die oggende op om vinnig te stort om 08:00 by die werk te wees, en die is skaars ‘n km van waar ek woon. Om in Johannesburg te bly en in Pretoria te werk is bloot lawwigheid.

Ja ek is seker stede het seker sy voordele.

Maar toe ek Sateerdag die Magoebaskloof pas afry, die skoon lug inasem, die pragtige berge te sien, wat ek weer sommer van vooraf waardeer, besef ek net daar, as jy eenkeer Letaba se water gedrink het, is daar niks salf aan jou te smeer nie.

Ek lief Tzaneen sommer van vooraf, ja ons het misdaad, ja daar is munisipale bestuurders, ja hier is ook jaagduiwels en boosdoeners, ja hhier is korrupsie, maar die stilte van die nag, die reuk van sitrus en die val van ‘n ligte somer reentjie veruil ek vir niks.

Related Articles

Back to top button