Mense moet nog dankie sê

Opgevoed van Tzaneen skryf : KEN mense nie meer die betekenis van die woord DANKIE nie? Dankie beteken: Om dankbaar te wees vir iets wat iemand vir jou doen of gee. Meeste van die tyd gaan die mense uit hulle pad uit of dit kos ‘n paar rand of hulle offer hulle vrye tyd op. …

Opgevoed van Tzaneen skryf :

KEN mense nie meer die betekenis van die woord DANKIE nie?

Dankie beteken: Om dankbaar te wees vir iets wat iemand vir jou doen of gee. Meeste van die tyd gaan die mense uit hulle pad uit of dit kos ‘n paar rand of hulle offer hulle vrye tyd op. Daarvoor is ‘n mens dankbaar. Maar almal sê nie altyd so vinnig dankie nie…

Dis net goeie maniere om dankie te sê, of is dit nie meer nie?

Dis altyd so maklik om te vra vir ‘n ou gunsie … Of vir hulp met ‘n fondsinsameling… of ‘n borgskap … en om dit dan sommer agterna as vanselfsprekend te aanvaar en nie op die een of ander manier dankie te sê nie, is myns insiens net swak maniere.

Al is dit hoe min of hoe klein.

Tel die telefoon op, of skryf op ‘n ou kaartjie … Stuur dan maar net ‘n SMS as jy nie die moeite wil doen om te bel nie. Maar sê net dankie. Of, as agterna se dankie vir jou te veel moeite is … Moenie weer vra nie.

Exit mobile version