Agri-Merensky-leerders maak Limpopo trots

Die Limpopo-span het met menigte individuele prestasies weggestap en weereens bewys dat harde werk wat vrugte afwerp.

TZANEEN – Agri-Merensky se leerders het goed gevaar tydens die Nasionale Jeugskou wat van 22 tot 25 September by die Pienaardam-ontspanningsoord in Middelburg aangebied is.

Agt provinsies, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noordwes-Noord, Gauteng en Namakwa se jeugskouleerders het deelgeneem. In totaal het 318 leerders deelgeneem. Altesaam 49 Limpopo-deelnemers het gekwalifiseer om op nasionale vlak deel te neem en al 49 was leerders van Merensky Landbou Akademie.
Limpopo se jeugskouleerders het in 12 van die 17 afdelings gekompeteer: vleisbeeste, boerbokke, melkbokke, vleisskape, wolskape, varke, konyne, pluimvee, afslaers, fotografie, kulinêre kunste en suiwelbereiding.

Die Limpopo-span het met menige individuele prestasies weggestap en weer bewys dat die harde werk wat deur afrigters oor die laaste vier jaar ingesit is, het vrugte afgewerp.
Die statiese afdelings het ook met goeie prestasies weggestap.

In die konyne-afdeling vat Dylan Jacobs ‘n eerste plek. Bronwyn van Jaarsveld vat eerste plek in die junior varke-afdeling en Rossouw Marais vat derde plek.

Christopher Barnes vat eerste plek in die senior afdeling met Rachel Atwell in die tweede plek.

Limpopo het vir die eerste keer hierdie jaar in die fotografie-afdeling deelgeneem.

Kweti Malahlela, Logan Langenhoven en Leandri Smith is derde in die junior vleisbeestegroepsklas.

Hierdie afdeling is ‘n nuutjie vir 2024, en Agri-Merensky is baie trots op hul junior afdeling met uitstekende prestasies. In die junior fotografie-afdeling vat Rikus Kamffer eerste plek, Lee Hendricks tweede plek en Ethan Visser derde plek.

In die boerbokke-afdeling vat Sefastian Jansen Van Vuuren eerste plek onder die seniors. Amelie Pretorius is derde in die melkbokke-afdeling.

Stephen-John Walker is derde in die wolskaap-afdeling. Karina Swanepoel vat eerste plek in die vleisskaap-afdeling en Iné Celliers is in die tweede plek.

In die vleisbeeste-afdeling is Leandri Smith in die derde plek en Chanel Coetzee vat eerste plek in die suiwelbereiding-afdeling. Andrea van Vuuren is in die tweede plek.

Die algehele beste prestasie in die kleinvee-afdeling is toegeken aan Karina Swanepoel met ‘n persentasie van 96%. Sy het in die junior vleisskape-afdeling deelgeneem.

In die groepsklas-afdeling was daar ook verskeie goeie uitslae. Groepsklasse word net by die vee-afdelings aangebied.

Karina Swanepoel, Iné Celliers en Samuel Gubitz is eerste in die junior vleisskapegroepsklas. Sefastian Jansen van Vuuren, Suria Emslie en Ataliah van Niekerk is derde in die boerbokkegroepsklas.

Amelie Pretorius, Gerhard Marx en Meegan Baragwanath is derde in die junior melkbokkegroepsklas en Kweti Malahlela, Logan Langenhoven en Leandri Smith is derde in die junior vleisbeestegroepsklas.

Limpopo spog ook met die trofee vir die beste versorging van diere en met die netjiesste stalle.

Exit mobile version