Limpopo-fietsryreeks eindig op ‘n hoë noot in Louis Trichardt

Hoërskool Louis Trichardt bied die finale rondte van die Limpopo skolebergfietsreeks aan met jong bergfietsryers van regoor Limpopo wat deelneem.

TZANEEN – Die finale ronde van die Limpopo- skolebergfietsryreeks het onlangs by Hoërskool Louis Trichardt plaasgevind met jong bergfietsryers van regoor Limpopo wat deelgeneem het.

Gordon Noel van Stanford Lake College het eerste plek in die o/17-juniorseunsafdeling behaal deur al vier wedrenne te wen in die reeks. Hy wen ook die laaste wedren met ‘n tyd van 50:57.6.

Jacques du Preez is die wenner van die o/18-afdeling.

Die kompetisie in die afdeling was sterk met Waldo Strijdom wat twee wedrenne in die reeks gewen het, in die tweede plek.

Sophia van Wyk van Merenksy Landbou Akademie wen die o/17-juniormeisiesafdeling. Van Wyk het ook koning gekraai in al vier wedrenne in die reeks.

Anke Rood, ook van Merensky Landbou Akademie wen die o/18-afdeling na sy ook eerste plek gevat het in al vier van die wedrenne in die reeks.

Herlo Genis wen die nipperseunsafdeling en Marlize Shields wen die meisiesafdeling.

Aron van den Borre, ‘n tuisonderrigleerder van Phalaborwa, wen die sprog-afdeling. Musa Chauke van Kingfisher Pivate School is in die tweede plek.

Elkeen van die seuns wen twee van die reeks se vier wedrenne.

Karmi Fourie wen die meisies afdeling en Nelda Strijdom is in die tweede plek.

Eli Signer wen die subjuniorseunsafdeling en Elané Visser wen die meisiesafdeling. Louw Pieterse is in die eerste plek in die subnipper-seunsafdeling en Mia Rose Smit wen die subnipper-meisiesafdeling.

Peroux de Preez wen die seunsjeugafdeling met André van Ree in die tweede plek. Chantelle Gouws is in die eerste plek in die meisiesjeugafdeling.

Die room van Limpopo se bergfietsryers is ook gedurende die skoolvakansie in aksie by die nasionale skolebergfietskampioenskap by Hoërskool Wagpos op Brits.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version