Van den Heever is verlede jaar in Oktober oorlede na ‘n voertuig hom naby Magnolia Bistro op die R528 Georges Valley-pad getref het. Van den Heever was ‘n gereelde bergfietsen padfietsryer en was ten tye van sy afsterwe besig om vir die Ride Joburg-fietswedren te oefen saam met ‘n vriendin, Hannelie Schoonraad.
Van Staden, die bestuurder van die voertuig en ‘n inwoner van Georges Valley, het Dinsdagoggend vlugtig in die hof verskyn. Zantie Pohl het ook die verrigtinge bygewoon.
Lees ook: ‘Woman’s death occurs on unusually quiet night’
Derik Steyn van Johan Steyn Prokureurs het namens Van Staden verskyn.
“Die landdros het die saak tot 27 September uitgestel. Volgens die klagstaat word sy aangekla van strafbare manslag asook roekelose of nalatige bestuur en alternatiewelik onbedagsame bestuur,” sê Steyn. Die Herald sal die hofsaak volg en verslag op die verwikkelinge doen.