Local news

Landelike veiligheid in Limpopo onder die soeklig

Die Mopani-distrik is op die voorpunt van landelike veiligheid in Limpopo.

Die Limpopolandelikeveiligheidsplan is verlede Woensdag tydens die Mopanilandelikeveiligheidsberaad by Tzaneen Country Lodge van stapel gestuur. Buurtwagte, plaaswagte, sekuriteitsmaatskappye, polisiebeamptes en verteenwoordigers van gemeenskapspolisiërings het byeengekom om brandpunte te bespreek. Agri Letaba, Agri Limpopo, die Tzaneen-sakekamer en belanghebbendes was ook teenwoordig.

Douw Pelser van Agri Limpopo, lid van die prioriteitskomitee vir landelike veiligheid, het die belangrikheid van die implementering van ‘n veiligheidsplan beklemtoton. Hy het ‘n beroep op plaaslike veiligheidsorganisasies gedoen om die dokument te bestudeer en te implementeer. Kol. Ronel Enslin het die Eyes and Ears (E2)-inisiatief bespreek. Sy het sakelui aangemoedig om by die inisiatief aan te sluit.

Lees ook: Verwoesting vir tweede keer gesaai

Die inisiatief is deur die polisie, Business Against Crime South Africa en die sekuriteitsbedryf op die been gebring, en gee inligting deur aan die provinsiale operasionele bevelsentrum in die bekamping van misdaad. Ellie Potgieter van Letaba DBV het die jag van wild met honde op plase bespreek en Riaan de Jager van die Department Omgewingsake het syfers en statistiek gedeel rakende die stroop en smokkel van renosters, leeus, ietermagos en het ook die stroop van beskermde en bedreigde bome en plante bespreek.

“Plaaseienaars het R230 miljoen se skade gely as gevolg van stropers in die laaste jaar. Die jag van bush meat met honde en gebruik van nette om vis te stroop, onwettige afkap van inheemse bome, onder andere mingerhout en mopanibome en stroop van inheemse plante bly ‘n bron van kommer,” sê hy. Genl. maj. Jan Scheepers, provinsiale adjunkkommisaris, het beklemtoon dat misdadigers oorlog voer teen wetsgetroue burgers van Suid-Afrika.

Lees ook: ‘Woman’s death occurs on unusually quiet night’

“Die toename in misdaad is kommerwekkend en die grootste bron van kommer is die toename in geweldsmisdaad. Hierdie oorlog kan net gewen word indien die gemeenskap saamstaan. Om saam te staan as ‘n gemeenskap is die enigste ding wat suksesvol sal wees in die geveg teen misdaad,” sê Scheepers. Louis Naudé van Northern Security het die gebruik van kameras om misdaad te bekamp bespreek.

“Daar is 82 kameras in die Mopani-distrik en is van onskatbare waarde om intelligensie te bekom wat ons operasioneel en reaksioneel ondersteun. Jou kamera beskerm jou buurman en jou buurman se kamera beskerm jou en ons almal werk saam om misdaad te bekamp en om georganiseerde misdaad en sindikate te veg,” het Naudé gesê. Genl. maj.

Lees ook: Strangulation is suspected for Warriors employee’s alleged murder

Willy Mashava, kommisaris van die Mopani-distrik, het gesê dat hy die samewerking en werksverhoudninge met lede van die GPF en sekuriteitsmaatskappy waardeer. Hy het ook grondeienaars aangemoedig om self verklarings af te lê wanneer daar op hul eiendom misdade gepleeg word. Om aan te sluit by die Tzaneen GPF en om betrokke te raak by landelike veiligheid, skakel Uwe Kroh by 076 833 9112.

Related Articles

Back to top button