Allesbeste bied wêreldklasboeredag op Tzaneen aan

Die Allesbeste Simposium het vanjaar weer eens verwagtinge oortref met baanbrekerswerk en kennis wat met afgevaardiges by Merenksy Landbou Akademie op 7 en 8 Augustus gedeel is.

Zander Ernst, direkteur van Allesbeste het die avokadoafgevaardiges van regoor SuidAfrika, asook Israel, Indië, die DRK en Amerika by die simposium verwelkom. “Hierdie is vir ons ‘n spesiale geleentheid. Dit is nie elke besigheid wat almal toegang gee nie. Die Allesbeste Simposium het as die Maluma Dag begin om boere te ondersteun en het nou gegroei tot die Allesbeste Simposium waar mense van verskillende velde regdeur die avokadowaardeketting kennis deel,” sê Ernst.

Hy het ook erkenning aan sy pa, wyle dr. André Ernst gegee wat met passie ‘n kultuur van kennis deel by Allesbeste gekweek het. Die dag se program het afgeskop met ‘n fokus op tegnologie in die avokado-bedryf. Edrean Ernst het Allesbeste se pad na landboubesigheidsintellligensie bespreek. Hy het die databronne wat Allesbeste gebruik en ook die raamwerk van data-integrasie bespreek en hoe dit op Qlik for Business gebruik word om sinvolle gevolgtrekkings te maak.

Lees ook: Dis als koffie by eerste Krabbe-oesfees

Jandré Killian van RIC Consulting het in ‘n praktiese sessie gewys hoe data-analise gedoen word by Allesbeste en het die lesse wat die afgelope jaar geleer is met afgevaardiges gedeel. Killian het die rol wat kunsmatige intelligensie en masjienleer (machine learning) in die landboubedryf bespreek asook die praktiese implementering daarvan. “Modelle soos masjienleer kan ons help om verbeterde besluite te maak en selfs ons tegnieke en sisteme verbeter.”

“Die Natural Languageinsigte wat deur kunsmatige intelligensie gegenereer word maak gekompliseerde data-analise toeganklik vir gewone mense, soos boere en landbouprodusente,” sê Killian. Jeevan Kulkarni van Nutreefarm, ‘n Indiese maatskappy wat pioniers is in dié land se jong avokadoindustrie is, het die geleenthede vir die land bespreek. Nutreefarm het sedert 2018 met 30 000 Malumabome proewe in elf streke in die land gedoen.

Lees ook: Subtrop warns against sale of early immature avocados

“In Indië, met ‘n bevolking van 1.4 biljoen mense, eet daar tans minder as 0.1% van die bevolking weekliks een avokado, die groeipotensiaal is massief,” het Kulkarni verduidelik. Donovan Lewis van Allesbeste het die marktendense bespreek en het insigte gedeel wat Allesbeste en Avor, Allesbeste se markagentskap, sien.

Hy het die markverslae, en protokolle bespreek en het die geleenthede wat Indië en China bied vir avokado-industrie bespreek. Zander Ernst, Charles Henderson, Donovan Lewis, Christoff de Wet, Jeevan Kulkarni en Llewellyn van Zyl het ook ‘n bemarkingspaneelgesprek gelei om die oggendsessie op 7 Augustus af te sluit. Die hoofborge vir die dag was Husqvarna wat ook demonstrasies aangebied het en snoeipraktyke bespreek het.

Exit mobile version