Skuts wys vernuf

Die Mopani-tak van SA Jagters het die afgelope naweek 'n Limpopo-multidissiplinêrestreekskietdag aangebied.

Fred Camphor, hoofuitvoerendebeampte van SA Jagters, het die geleentheid bygewoon en skuts het die uitdagings van die dag se kompetisies geniet. In die beginnersklas vat Brendan Viviers die eerste plek met Flip Helberg in tweede plek en Heila Meredith in die derde plek. Thinus Janse van Vuuren wen die gewoneskut-kompetisie. Hy wen ook die produksiekompetisie.

lees ook: Mopani hunters show off their skills at competition

Medaljewenners in die produksie-klas is Thinus Jansen van Vuuren,
Anthony Haack en Jaco Swart. Links is Fred Camphor

Anthony Haack is in die tweede plek en Jaco Swart is in die derde plek in die gewoneskut-kompetisie. Anthony Haack en Jaco Swart vat ook tweede plek en derde plek in die produksie-kompetisie. Jane van Wyk wen die skerpskut-afdeling. Phillip Liebenberg is in die tweede plek en Tyrone Cass is in die derde plek. Sakkie van Wyk wen die sport-klas en hy vat eerste plek in die topskutkompetisie.

Jane vat tweede plek in beide die klasse met Willie Botha wat derde plek in die sport-klas neem en Philip Liebenberg wat derde plek in die topskutkompetisie vat. Om aan te sluit by SA Jagters, skakel Tyrone Cass oby 072 867 4400 of stuur ‘n e-pos na sajwvmopani@gmail.com.

Exit mobile version