Local news

Dis als koffie by eerste Krabbe-oesfees

Allesbeste, Gegrond en Krabbefontein span saam om Suid-Afrika se eerste koffieoesfees, die Krabbe-oesfees, op 6 Julie aan te bied.

“Kom geniet koffieopvoeding, demonstrasies, oes- en proegeleenthede saam met ons. Die oesfees is ‘n geleentheid vir die hele familie met genoeg kindervermaak en ook die geleentheid om self koffie te oes of groen koffiebone te koop teen veilingpryse,” sê Rémi Anderson van Krabbefontein. Saterdag se verrigtinge by Krabbefontein aan die voet van Magoebaskloof by Schultz Farm begin om 08:00 met ‘n 5km- of 10kmpretdraf met groot pryse op die spel vir die wenners van die mans-, vroue- en skole-afdeling.

Die skool met die meeste inskrywings wen 5kg-koffie. Die dag se pret sluit boeresport in met toutrek, eier-op-lepelresies, sakresies, koffiepitspoegkompetisie en ‘n koffie-pulpkompetisie. “Ons sien baie daarna uit om mense die geleentheid te gee om saam met Zander en Isaac, ons koffieboer, self koffie te oes en te prosesseer waarna ons dit sal wegstuur om gerooster te word.

Lees ook: Skud vere reg vir Warmfees

Die finale produk word dan na die kliënt se huis gestuur om te brou en geniet,” sê Anderson. Daar sal stalletjies, ‘n biertent en musiekoptredes wees en die dag se koffieaktiwiteite sluit in ‘n gratis koffiebrouen proesessie, demonstrasies en werkswinkels, koffietoere en koffieprosessering en ook ‘n groenkoffieveiling. Kaartjies is beskikbaar op Quicket en kos R20 per persoon. Skakel Rémi Anderson by 076 968 0483 of e-pos remi@krabbe.coffee vir meer besonderhede.

Related Articles

 
Back to top button