Local news

Hulp vir baba Anné gevra

‘n Gesin van Tzaneen benodig finansiële bystand vir mediese rekeninge, brandstof en akkommodasie om hulle vyf maande oue baba te help.

Luzelle en Bennie Fogwell se dogtertjie, Anné, is in Desember verlede jaar gebore en is in Februarie met Patent Ductus Arteriosus (PDA) gediagnoseer. PDA is ‘n toestand waar ‘n ekstra bloedvat voor geboorte en net na geboorte aangetref word. By die meeste babas wat ‘n andersins normale hart het, sal die PDA in die eerste paar dae van die lewe vanself krimp en toemaak. As dit langer oop bly, kan dit veroorsaak dat ekstra bloed na die longe vloei.

“Anné het op 27 Februarie ‘n hartoperasie by die Sunninghill Hospitaal in Johannesburg ondergaan. Kort daarna het die dokters ontdek dat daar ook ‘n keeloperasie gedoen moet word met ‘n laser,” vertel Luzelle. Slegs ‘n week na Anné uit die hositaal ontslaan is en die gesin terug in Tzaneen was, het Anné opgehou asemhaal en is sy per ambulans terug na die Sunninghill Hospitaal, waar sy met ernstige slaapapnee gediagnoseer is.

Die baba.

 Also read: Troy’s surgery is a success

“Sy benodig nou permanent suurstof,” vertel Luzelle. Die gesin het op 21 Maart na Tzaneen teruggekeer, maar moes op 20 April weer hospital toe jaag nadat Anné weer asemhalingsprobleme ondervind het en ‘n hoë koors gehad het. “Anné het positief getoets vir Respiratoriese Sinsitiale Virus (RSV) en was in die hoësorgeenheid vir ‘n week. Sy het hier nog infeksies opgedoen en haar toestand het verswak, maar na ‘n maand in die hospitaal is ons nou vir ‘n week terug in Tzaneen,” vertel sy.

Anné

Baba Anné moet op 5 Junie weer in Johannesburg wees vir skanderings, bloedtoetse, ‘n EEG en slaapstudies. Die gesin het ‘n mediese fonds, maar vra hulp vanaf die gemeenskap om die brandstof, akkommodasie en suurstof-uitgawes te dek. Skakel Luzelle by 082 061 0429 om te help of Arm of Mercy, wat namens die gesin geld insamel, op 076 463 0821. Daar is ook ‘n Back-a-Buddybladsy gestig om vir Anné geld in te samel.

Related Articles

 
Back to top button