Local news

BJV se beste skuts wen trofeë

Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging het onlangs hulle topskuts vereer tydens hulle jaarlikse wildsete en prysuitdeling met Giam Fourie wat die jagter van die jaar-trofee gewen het.

Fourie is ook die grootjagkampioen. Francois Malan en EC Landman vat die tweede – en derde plekke, onderskeidelik, in beide van die afdelings.

Joubert Fleishmann wen die junior skut van die jaar-trofee en Pieter Bekker wen die senior skut van die jaar-trofee. Joubert, Bekker, Alwin Fleishmann en Jahdin Fleishmann is ook vereer vir hulle goue medalje wat hulle tydens die CHASAbaanksietkompetisie verwerf het.

Lees ook: Roode draf 100-myl kaf

‘n Totaal van 22 CHASA-affiliasies neem deel aan die kompetisie en Alwin en Bekker is ook in die CHASA-eerstespan opgeneem. Theresa Erasmus wen die vrouejagter van die jaar-trofee en Anita Smith wen die vroueskut van die jaar-trofee. Elsa Geldenhuys is as die BJV se lid van die jaar vereer en dit is die eerste keer wat ‘n vrou hierdie trofee wen.

Christo Toerien wen die boogjagter van die jaar-trofee met Dawid Fourie in die tweede plek en Werner van Dyk in derde plek. JP du Plessis wen die BJV se haelgeweer-skut van die jaar-trofee. Johnny Verster en Roedolf Botes wen die senior parejagkompetisie met Francois Vorster en Christo Toerien in tweede plek en Thinus Erasmus en Theresa Erasmus in derde plek.

Related Articles

 
Back to top button