Local news

Tzaneen Rally bedank die gemeenskap

Die Tzaneen Rally-komitee het verlede week hul borge en ondersteuners tydens 'n geleentheid op Tzaneen bedank.

“Dit vat ‘n gemeenskap om ‘n tydren aan te bied en Tzaneen se wedren was vanjaar een vir die boeke. Die deelnemers het dit as die beste tydren van die jaar uitgesonder,” het organiseerder, Theuns Viljoen gesê. Die komitee het ook grondeienaars wat hulle eiendomme beskikbaar gestel het, bedank.

Hans Merensky Holdings, wat ‘n pad van 1km gebou het sodat toeskouers die snelren kon besigtig, is uitgesonder. Hulle het ook André Liversage van die Groter Tzaneense Munisipaliteit bedank, asook NTT Toyota, Honda en Isuzu vir die titelborgskap.

Lees ook: Excitement rises for upcoming Tzaneen Rally

Die sekuriteitsmaatskappye, Large Sekuriteit, Northern Sekuriteit en Letaba Sekuriteit is hulle spanwerk om toeskouers en deelnemers se veiligheid te verseker, geloof. “Ons wil graag aanhou om elke jaar ‘n tydren hier op Tzaneen aan te bied. Dankie aan elkeen vir hul bydrae,” het Viljoen gesê.

Related Articles

 
Back to top button