Local news

JJ is Limpopo se beste jongboer

JJ de Nysschen van Letsitele is verlede week as die Toyota Jongboer van die Jaar vir Limpopo aangewys tydens Agri Limpopo se landboukongres op Modimolle.

Hierdie jongboer fokus hoofsaaklik op sitrusproduksie, maar het ook 300 000 braaihoenders in ses huise wat aan Bushvalley Chickens gelewer word. Hy boer ook naby Bandelierkop met vee en wild. “Ons het nog ses hoenderhuise wat in September in produksie sal wees om dan altesaam 600 000 braaihoenders per 31-dagsiklus te lewer vir nege siklusse per jaar,” vertel JJ. “Vir my is dit ‘n hoogtepunt om te kan aanhou uitbrei. My leuse is: ‘n Ou se planne moet nie opraak nie.

Toe daar droë jare was en ons nie water gehad het om te kon uitbrei met die sitrus nie, toe het ek die geleentheid gekry om hoenderhuise te bou en braaihoenders te lewer aan Bushvalley Chickens.” Hy vertel hoe hy die idee aan Ian Preece van Bushvalley Chickens voorgestel het om die braaivleisvuur en hoe die uitbreiding van daar af gegroei het.” JJ is ‘n seun van Letsitele en het by Laerskool Dr Annecke en Hoërskool Ben Vorster sy skooldae deurgebring.

Lees ook: Avocadoes take the spotlight at the Allesbeste Symposium

Hy het vir ‘n jaar landbou aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie gestudeer en het in 2010 saam met sy pa, oom en neefs by De Nysschen Broers Boerdery met sitrus begin boer. In 2015 het die familieboerdery opgedeel en JJ en sy pa en mentor, Koos, het JJ de Nysschen Boerdery Edms (Bpk) begin. Hulle verbou 250ha lemoene, suurlemoene en pomelo’s in die Letsitele-omgewing en boer ook met 1 000ha vee en wild.

Sedertdien het hulle die vee- en wildsboerdery met ‘n verdere 1300ha weiding uitgebrei. Hy is in 2016 met sy skoolliefde, Freda, getroud. Hulle woon op die plaas Junction. JJ se stokperdjies sluit diepseehengel, jag en vlieg in. Hy en Freda het twee seuns, Cobus (4) en Pienaar (2). Hy hoop dat sy seuns ook eendag in die boerdery sal belangstel. As Limpopo-wenner is hy die provinsie se kandidaat vir die Agri SA Toyota Jongboer van die Jaar se nasionale kompetisie. “Alhoewel boerdery elke dag uitdagings het, sou ek dit glad nie sonder ons Hemelse Vader kan aanpak nie. “Elke dag moet ons met dankbaarheid leef en vra vir Sy leiding,” sê JJ.

Related Articles

Back to top button