Local news

Witkruismonument se Lita sterf na operasie

Die boeregemeenskap treur oor die dood van Lita Cross Fourie, een van die dryfvere agter die Witkruismonument ter herdenking van boere wat op plase vermoor is.

Die monument is teen die Ysterberg langs die N1 tussen Polokwane en Mokopane. Fourie (64) se ouers, John en Bina Cross, is op 16 April 2000 op hul plaas op Gravelotte wreedaardig vermoor. Hulle is gemartel voordat hulle doodgeskiet is deur twee mans wat vroeër vir hulle gewerk het.

In 2016 het die moordenaars vir parool aansoek gedoen. Maroela Media het toe berig dat Fourie gesê het dat sy nooit werklik antwoorde kon kry oor waarom hulle haar ouers so wreedaardig vermoor het nie. Die gebeure het haar egter gemotiveer om saam met ‘n groep boere die Witkruismonument te begin. Chris Harmse van die Witkruismonument se bestuur, het aan die Herald gesê die organisasie
het in 2004 ontstaan om die fokus op plaasmoorde te plaas.

lees ook: Seven bodies buried after three years

“Sy was die organiseerder van die jaarlikse opgradering van die monument deur kruise by te voeg van
slagoffers asook onderhoudswerk,” het Harmse gesê. ‘n Boer van Tzaneen, Carel van der Grijp, het aan die Herald gesê dat die dood van Fourie se ouers het haar hele lewe verander. “God haar op ‘n pad geplaas om sy werk te doen en vertroosting te bring vir slagoffers van plaasaanvalle.

Die Witkruismonument is ‘n spieëlbeeld van Lita Fourie, in daardie kruise leef sy voort,” het hy gesê.
Volgens Hester Labuschagne, Fourie se dogter by wie sy gewoon het op Hoedspruit, het sy twee maande gelede siek geword en het ‘n operasie ondergaan. Sy het nie van die operasie herstel
nie en is verlede week oorlede.

Fourie word oorleef deur haar dogter Hester, drie seuns, Anton,
Neels en Johan Fourie asook haar lewensmaat, Teddy Hammond, skoonkinders en agt kleinkinders. ’n Gedenkdiens word Saterdag om 11:00 by Vleissentraal buite Pietersburg vir Fourie gehou. Skakel Chris Harmse by 060 713 5306 vir meer besonderhede

Related Articles

 
Back to top button