Local news

Merensky verwelkom nuwe onderwysers

Merensky Landbou Akademie verwelkom jaarliks nuwe onderwysers by die Plasiekorps en vanjaar is dit wéér die geval met ‘n sestal nuwe leerkragte wat by hierdie dinamiese onderwysspan aansluit.

Tanya Lordan is reeds ‘n bekende personeellid in afloshoedanigheid, maar is vanaf 2023 in ‘n beheerliggaampos aangestel en is verantwoordelik vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal vir die seniors. Oud-Plasie, Imcke van Vuuren, het haar BEd-seniorgraad by Tuks behaal en versterk ook die taledepartement met Engels vir graad 8’s en Afrikaans vir graad 9’s. Ellouise de Lange is ook ‘n alumni van Tukkies met ‘n BEdgraad en diploma in die VOO-fase.

Sy bied Wiskunde vir graad 8’s, Natuurwetenskap vir graad 9’s en Lewenswetenskap vir graad 10-leerders aan. Kyla Schoeman is nog ‘n oud-Plasie en het ‘n BCom Agribesigheidsbestuur agter haar naam, sowel as ‘n VOO-diploma. Sy is verantwoordelik vir die graad 11’s se Landboubestuurspraktyke in me. Merise Katzke se afwesigheid.

Lees ook: GALLERY: Larries Grade 1’s ring the bell

Marna Pohl, ‘n oud-PUK met ‘n BSc in Dieëtkunde en ‘n NGOSkwalifikasie, is nog ‘n welkome toevoeging tot die Plasie-familie. Sy is in beheer van Wiskunde vir al die graad 9’s en gaan langs die atletiekbaan en swembad ‘n waardevolle bydrae lewer. Op sportgebied is die Plasies opgewonde oor die nuwe biokinetikus, Caitlinn Rousseau, wat ook uit die stal van die Noordwes-Universiteit kom. Sy het ‘n graad in Menslike Bewegingskunde en Sielkunde, plus ‘n verdere BHsc Biokinetics.

Behalwe vir rehabilitasie van sportbeserings vir leerders en die publiek, gaan sy ook help met atletiekafrigting, spesifiek by die hoogspring. Caitlinn spog met netbalbloed in haar are en is medeverantwoordelik vir afrigting van die Plasie o.14-spanne. Die skool verwelkom hierdie nuwe familielede met ope arms.

Related Articles

Back to top button