Local newsNews

Hofstryd by Doornhoeklandgoed duur voort

Dit blyk dat die laaste skote in die hofstryd tussen die huiseienaarsvereniging van een van Tzaneen se voorste ontwikkelings en die ontwikkelaar binne die landgoed oor die bou van ‘n sogenaamde aftree-oord, steeds nie geklap het nie.

Na wat verneem word is daar alreeds nagenoeg R2 miljoen aan regskostes spandeer deur die onderskeie partye en word daar voorspel dat die saak waarskynlik by die R5 miljoen in regskoste kan draai.

Die twis het verlede jaar tussen die Doornhoek Equestrian Estate Homeowners Association (HEV) en ‘n plaaslike ontwikkelaar, De Rust JV (‘n vennootskap tussen Pretorius Broers Konstruksie en Tolstoi Kruger) ontstaan toe die HEV geweier het om toe te stem dat ‘n “40 jaar-ouderdomsbeperking en geen kinders” wat van toepassing is op die De Rust ontwikkeling, geskrap word.

Doornhoek Equestrian Estate is een van Tzaneen se duurste ontwikkelings en huise word vir miljoene rande gebou en verkoop. Van die dorp se voorste sake-, beroeps- en regslui besit eiendom in die landgoed.

Binne die grense van die landgoed het die oorspronklike ontwikkelaar (Doornhoek Equestrian Estates Pty Ltd, ‘n maatskappy van Pieter Scholtz, ‘n sitrusboer van Hoedspruit) grond verkoop aan ‘n tweede ontwikkelaar, De Rust JV, onderworpe aan ‘n beperking dat geen inwoners onder die ouderdom van 40 daar mag woon nie.

Die De Rust-ontwikkeling, soos oorspronklik bemark deur Scholtz, sou ‘n luukse aftree-oord wees. Die ouderdomsperk op dié oorspronklike plan was glo 50 jaar en ouer, sê die HEV. Die Herald het Facebookadvertensies ontvang wat die aftreeontwikkeling bevestig.

Also read: Dubbele wen vir Mentz by Ebenezar Myl

Kruger het aan die Herald gesê dat De Rust JV die HEV genader het met die versoek dat die bepalings verander word na geen ouderdomsbeperking omdat dit glo belangstelling in verkope belemmer het. Die HEV het geweier. Kruger het verder gesê dat daar nooit sprake was van ‘n aftree-oord of ‘n bepaling van 50 en ouer nie.

Hy sê dit is in die koopkontrak ingeskryf dat dit nie ‘n aftree-oord is nie. Volgens hom het hy tydens die koopooreenkoms wel toegegee op die 40 jaar en ouer en geen kinders beperking. De Rust JV het in 2020 die ombudsman vir gemeenskapskemas genader om dié bepaling, te skrap. Die ombudsman het hulle toegegee en bevind dat die voorwaarde ongrondwetlik is.

Volgens Kruger het die HEV se regsverteenwoordigers versuim om hul eie vertoë by die ombudsman in te dien ten spyte daarvan dat hulle op verskeie geleenthede daarvan bewus gemaak is. Daarenteen voer die HEV aan dat die dokumente nooit behoorlik aan hulle prokureurs gelewer is nie.

Die ombudsman se beslissing het daarna tot ‘n dringende aansoek deur die HEV gelei wat in Junie verlede jaar deur die hooggeregshof aangehoor is. Die aansoek deur die HEV is toegestaan hangende die uitslag van ‘n hooggeregshof aansoek. De Rust JV het in hul betoogshoofde vir dié saak beweer die HEV het die verkeerde prosedure gevolg deurdat hulle die “aansoekprosedure” gebruik het, in plaas van ‘n kennisgewing van appèl.

Die HEV het daarna ‘n kennisgewing van appèl beteken op die De Rust JV, wat gelei het tot ‘n reël 30-aansoek teen die HEV. Die aansoek was op 18 Oktober geskeduleer en regter Noluntu Bam het op 8 Maart vanjaar in die guns van die De Rust JV beslis. Kort hierna het die HEV ‘n aansoek vir verlof om appèl teen dié reël 30-beslissing gedoen. Dit blyk dat dit die hofsaak aansienlik kan verleng.

Also read: Wik-atlete swem, spin en grynslag

Die HEV het aan die Herald gesê dat hulle beoog om die hof uiteindelik te vra om die oorspronklike bepaling van 40 jaar en ouer te implementeer. Hierop sê Kruger dat die meriete van die saak reeds deur die ombudsman aangehoor is en op beslis is op die stukke wat ten tye voor haar was.

Hy sê omdat die ombudsman vir gemeenskapskemas, wat in 2011 deur wetgewing in die lewe geroep is om gemeenskapskemas te reguleer, deur die HEV glo geminag is, glo hy dat sy saak sterk is. Na wat verneem word is twee skoueenhede van die De Rust-ontwikkeling voltooi, maar staan alle ontwikkeling tans stil hangende die uitkoms van die hofsaak.

Kruger woon glo in een van die eenhede. Al die partye het aan die Herald te kenne gegee dat hulle bereid is om die saak enduit te voer. Louis Erasmus van Thomas en Swanepoel Inc. tree namens die HEV op en Flip Coetzer van Flip Coetzer Inc. namens De Rust JV.

Landgoed-inwoner tree toe tot hofsaak

Verlede jaar met die aanvang van die hofgeding het ‘n inwoner (hy wil anoniem bly) van die landgoed as ‘n amicus curiae (vriend van die hof) tot die hofsaak toegetree. Volgens hom is die HEV en die eienaar ten volle geregtig om die ombudsman se beslissing te betwis, en kom dit nie op minagting neer nie.

Hy sê lank voordat De Rust JV tot die ontwikkeling toegetree het, is ‘n aftree-oord bemark op dieselfde grond met dieselfde naam, De Rust. Volgens hom het sekere eienaars selfs op Doornhoek gekoop en huise gebou met die idee om later moontlik op die landgoed, by De Rust af te tree.

Hy sê die eienaars binne die Doornhoek-landgoed wil hê dat De Rust JV gebonde gehou moet word aan die kontrak. Hy beweer dat indien die ombudsman se uitspraak gevolg sou word, dit sou beteken dat elke aftree-oord in die land ongrondwetlik is. “Dit kan daartoe lei dat daar 60 tot selfs 100 mense bly in die 20 beplande De Rust-eenhede, in plaas van ‘n maksimum van 40 mense.

Dit is amper ‘n verdubbeling van die hoeveelheid mense wat op die De Rust-erwe gaan woon.” Volgens hom sou die gebrek aan ‘n ouderdomsbeperking by ‘n ontwikkeling by die ingang van die landgoed ook ‘n negatiewe impak op hul eiendomswaarde hê.

Daarenteen het Tolstoi Kruger aan die Herald gesê dat aftreeoorde aan ander voorwaardes moet voldoen wanneer daar vir registrasie by die ombudsdiens vir gemeenskapskemas (Community Schemes Ombud Service) aansoek gedoen word. Volgens hom is die De Rustontwikkeling nie ‘n aftree-oord nie en daarom is dit nie van toepassing op die De Rustontwikkeling nie. Adriaan van Niekerk van Macrobert Inc. tree op vir die amicus curiae.

‘n Tweede dispuut wag tussen die partye

Dit het ook onlangs aan die lig gekom dat die De Rust JV in nog ‘n dispuut gewikkel is wat moontlik in die hof kan draai. Dieselfde kontrak met die ouderdomsbeperking van 40 jaar is ter sprake. Volgens inligting bekom deur die Herald het die spertyd vir die afbetaling van die volle koopbedrag van R4.8 miljoen (van die grond waarop die De Rust-ontwikkeling plaasgevind het) op 1 April 2022 verstryk.

Die koopooreenkoms het gestipuleer dat ‘n uitstaande bedrag R2.4 miljoen in gelykstaande paaiemente maandeliks betaal moet word. Hierdie voorwaarde is ook blykbaar nie nagekom nie. Flip Coetzer, De Rust JV se regsverteenwoordiger, sê dat die regsverteenwoordiger van die oorspronklike ontwikkelaar (Doornhoek Equestrian Estates Pty Ltd, oftewel, Pieter Scholtz) van wie die grond gekoop is, het versuim om voort te gaan met die registrasie van die eiendom en om ‘n verband op De Rust JV se naam te registreer en daarom is die uitstaande koopsom nog nie vereffen nie.

Twee weke gelede het Scholtz in ‘n brief deur sy regsverteenwoordiger die kontrak met De Rust JV gekanselleer. Intussen het De Rust JV op sy beurt in antwoord op dié brief gesê hulle aanvaar nie die kansellasie nie en het die regsverteenwoordigers versoek dat daar voortgegaan moet word met die registrasie van ‘n verband om betaling moontlik te maak.

Louis Erasmus van Thomas en Swanepoel Inc., regsverteenwoordiger van Scholtz en van die HEV, het aan die Herald gesê sy kliënte is “baie gemaklik met die meriete van die huidige hofaansoeke asook die kansellasie van die koopakte. Die regsproses moet nou sy gang gaan. Ek sien uit na die uite

Related Articles

Back to top button