Frustrasie met krag dryf inwoner om video te maak

'n Inwoner van die Tzaneenomgewing, Hendri Ras, het Maandagmiddag gewapen met slegs 'n selfoonkamera, by die Tzaneense kragsentrale ingestorm opsoek na antwoorde rakende dié dag se kragonderbreking.

Ras het ‘n video geneem van sy konfrontasie met ‘n tegnikus van die Tzaneense munisipaliteit, wie ten tye van die opname op twee selfone tegelyk praat. Ras het op die video die tegnikus uitgevra oor Area 4 se kragprobleem, sonder om antwoorde te kry, en het die video op die Tzaneen/Duiwelskloof Snuffelgids se Facebookgroep gedeel met die inskrywing:

“Dis ons terugvoer as ons na vele male se oproepe en besluit om kragsentrale toe te ry… Area 4 al van 15:00 sonder krag met geen antwoorde. Ek hoop iemand kan help?” Dié video stel die suiwer frustrasie wat met konstante kragonderbrekings en gebrekkige kommunikasie gepaard gaan ten toon.

Also read: Residents upset about their electricity bills

In ‘n onderhoud met die Herald blyk dit dat Ras alreeds op 31 Desember, toe Area 4 ook sonder elektrisiteit was, die Groter Tzaneen Munisipaliteit (GTM) se elektriese span bygestaan het met masjienerie en diesel wat hy by lede van die gemeenskap bymekaargemaak het om ‘n bamboesbos wat die kraglyne versper het, te sny.

Dit na hy hulle langs die pad gekry het en die GTM se span met hom gedeel het dat die kragsae en masjiene gebreek het Luidens Ras was die elektrisiteit vyf minute na die probleembos uitgeroei is, weer aan. “Ons is almal moeg vir die kragonderbrekings in Area 4.

Ek het byna veertig keer gebel,” vertel hy. Dit wil wel voorkom asof dit algemene praktyk is vir inwoners om kragstasie toe te gaan indien hulle nie terugvoer kry of geensins deurkom op die telefoonlyne (call centre) nie. “Die wag was nie op sy plek nie en ek het by die kragstasie ingestap om te hoor wat is die fout en ook om te hoor of ek kan help met iets sodat die krag weer kan aangaan.

“As jy vir my sê dit is die plantegroei, dan staan ons as gemeenskap saam en ons sny dit,” verduidelik Ras sy motivering vir die besoek en die video. “Daar word geen instandhouding gedoen nie, sny die bome!” sê hy. Hy voeg by dat die elektrisiteit ten minste vyf keer af was die vorige week.

Ras het Dinsdag gesê dat die Demokratiese Alliansie (DA) was in kontak met hom en dat hulle onderneem het om die saak met die burgemeester op te neem. Lees Neville Ndlala, GTM woordvo

Exit mobile version