Limpopo se konfytkoningin se sukses is onstuitbaar

Daar is min inwoners van die provinsie wat nie al ‘n potjie van Ina Lessing se konfyt by ‘n padstal of tuisnywerheid gekoop het nie.

Dié beskeie entrepreneur het sowat 30 jaar gelede haar konfytbesigheid saam met haar man Danie met slegs twee potjies konfyt begin. Vandag het hulle ‘n reeks van 60 potjies konfyt en ‘n uitgebreide aanbieding van produkte wat blatjang, preserveermiddels, piekels, souse en selfs hul eie bakkery insluit.

Haar prestasies is ‘n goeie voorbeeld van hoe mens met die regte leiding en raad jou sukses onstuitbaar maak. In haar besigste maand het sy dertig mense in diens en verkoop sy 32 000 eenhede. “Dit is slegs die tasbare groei.

Daar was soveel meer groei wat in die besigheid gebeur het wat nie tasbaar is nie, wat jy nie kan sien nie. Die besigheid het iets geword waarop ek en my familie ongelooflik trots is,” sê Ina.

Also read: Aestetics doctor now available for people of Limpopo

Ina maak deel uit van ‘n veldtog wat deur Momentum van stapel gestuur is om suksesvolle vroue in die sakewêreld te eer, #SheOwnsHerSuccess. Ina se besigheid word uit Lusthof, die familieplaas in die buitewyke van Modimolle in Limpopo bedryf.

Haar dogters Nicolet, Jana en Ane en haar seun en skoondogter, Natan en Neriche, is almal betrokke. “Ek geniet dit om saam die familie te werk. Veral noudat ek aftree. Dit gee my soveel plesier om my besigheid aan die volgende generasie oor te gee,” sê sy

Exit mobile version