Plasies hou ‘Cannes’-premiere vir ‘Onder Konstruksie’

Op 22 September is die woorde, ligte – kamera – aksie, nie uitgeroep om filmtonele te skiet nie, maar om die akteurs wat in Merensky se eerste film “Onder Konstruksie” verskyn, te vereer.

Die aand was ‘n spoggeleentheid waar die akteurs, ouers en borge, swierig geklee en gesellig verkeer het in afwagting om die film vir die eerste keer op die silwerdoek te sien. Elke akteur is deur die skrywerregisseurs, Anriette van Wyk en Martinette Müller op “Canneswyse” aan die gehoor voorgestel met ‘n kort gesprek oor hul karakters in die film.

Talitha van Buren het die gehoor in vervoering gehad met haar vertolking van die temalied: A Little bit of kindness goes a long way, wat spesiaal vir die rolprent deur Müller geskryf is.

Links bo: Tydens verfilming van “Onder Konstruksie”. Bo”Siraaj Omar (Chappie) en Cayleigh Preece (Penny) by die fliek premiere.
Carl Dohse (Master), Anriette van Wyk en Johan van
den Heever (Priester).
Martinette Müller en Anriette van Wyk (skrywerregisseurs).

Also read: New movie coming up

Toe die ligte doof en die skerm sak, was die opgewondenheid tasbaar. Opmerkings en kommentaar in die saal het bygedra tot ‘n heerlike waarderende atmosfeer. Die film is met entoesiasme ontvang en die kykers kon nie wag om die YouTube-skakel aan ieder en elk te stuur, sodat hulle kon deel in hierdie trotse Plasie-produksie nie.

‘n Bonus is dat twee oud-Plasies, Hanro Fritz en Hendrik Gouws, van Mark’d Media verantwoordelik was vir die verfilming. Die verhoogproduksie was in Mei vir drie aande op die Plasieverhoog te sien. Tydens die gala-aand is ‘n loketlokker vertoon wat almal in afwagting gehou het tot wannneer die film uiteindelik gedeel en gratis op YouTube gekyk kon word.

Die MDDK-bestuurders het beloof dat hierdie nie die eerste en laaste fliek vir Hoërskool Merensky sal wees nie. Volgens die regisseurs, filmspan en akteurs, het hul baie geleer en is geïnspireer om ‘n volgende fliek die lig te laat sien.

Exit mobile version