83 neem deel aan Agri-Merensky se eerste jeugskou

Agri-Merensky se skouring het onlangs behoorlik gewemel van opgewonde mense en ‘n verskeidenheid diere.

83 lede van Agri-Merensky het ingeskryf om aan die eerste Plasie Jeugskou van 2021 deel te neem, waar daar in verskeie klasse gekompeteer is.

Elke deelnemer het vroegoggend ‘n teoretiese toets afgelê, wat 20% op die dag se puntestaat verteenwoordig het.

Die was van hul diere het 15% getel, die voorbereiding ook 15% en die oorblywende 50% is bymekaargemaak tydens die praktiese skoumanskap.

Junior vleisskape: Muller Boshoff, Ruhan de Bruin (1e), Joubert Fourie.

Kundige beoordelaars het in elke afdeling die Plasies se deelname getakseer.

In die vleisbeesafdeling was Francois Blandin de Chalain en Pieter Gerber aan die stuur van sake.

Lees ook: Agri-Merensky pronk met ‘n bulk tydens skou

Die vleisskape is beoordeel deur Joubert Fourie en die wolskape deur Jannie Badenhorst van Hoërskool Bekker.

Die boerbokbeoordeling het onder AJ Fourie se wakende oog geskied, terwyl Rosie Badenhorst van Hoërskool Bekker die melkbokke beoordeel het.

Dylan Hallat (1e senior boerbokke en algehele senior wenner).

Die konyne is beoordeel deur Nelmarie van Staden, terwyl Charles Smit die pluimveeafdeling behartig het.

Hennie Prinsloo van Hoërskool Settlers het die smaaklike voorreg gehad om die kulinêre kunste te beoordeel.

Die beste senior prestasie vir die dag het aan Dylan Hallatt in graad 11 wat 91% in die boerbokafdeling verwerf het, behoort.

DJ Basson in graad 8 se 87% in die vleisbeesafdeling het aan hom die beste junior prestasie besorg.

Exit mobile version