Plasies hou jeugskou

Agri-Merensky se skouring het op Saterdag 22 Mei behoorlik gewemel van opgewonde mense en ‘n verskeidenheid diere.

‘n Totaal van 83 lede van Agri-Merensky het ingeskryf om aan die eerste Plasie Jeugskou van 2021 deel te neem, waar daar in verskeie klasse gekompeteer is.

Elke deelnemer het vroegoggend ‘n teoretiese toets afgelê, wat 20% op die dag se puntestaat verteenwoordig het. Die was van hul diere tel 15%, die voorbereiding ook 15% en die oorblywende 50% is bymekaargemaak tydens die praktiese skoumanskap.

Kundige beoordelaars het in elke afdeling die Plasies se deelname getakseer. In die vleisbeesafdeling was mnre. Francois Blandin de Chalain en Pieter Gerber aan die stuur van sake. Die vleisskape is beoordeel deur mnr. Joubert Fourie en die wolskape deur mnr. Jannie Badenhorst van Hoërskool Bekker. Die boerbokbeoordeling het onder mnr. AJ Fourie se wakende oog geskied, terwyl me.

Rosie Badenhorst van Hoërskool Bekker die melkbokke beoordeel het. Die konyne is beoordeel deur me. Nelmarie van Staden, terwyl mnr. Charles Smit die pluimveeafdeling behartig het. Mnr. Hennie Prinsloo van Hoërskool Settlers het die smaaklike voorreg gehad om die kulinêre kunste te beoordeel.

Die beste senior prestasie vir die dag behoort aan Dylan Hallatt in graad 11 wat 91% in die boerbokafdeling verwerf het. DJ Basson in graad 8 se 87% in die vleisbeesafdeling besorg aan hom die beste junior prestasie.

Geluk aan die volgende presteerders:

Senior Vleisbeeste
Luandi Visagie 1e
Michaela Elbrecht 2e
Dane van Wyk 3e

Junior Vleisbeeste
DJ Basson 1e
Khensani Baloyi 2e
Henru Snyman 3e

Senior Pluimvee
Sarah Peters 1e

Junior Pluimvee
Amoré Coetzee 1e
CJ Meintjes 2e

Senior Konyne
Celize Steenekamp 1e
Anke van Deventer 2e

Junior Konyne
Lyla Stevens 1e
Rouxné Schnetler 2e
Andrea van Deventer 3e

Senior Vleisskape
Henro de Bruin 1e
Adriaan Louwies 2e
Anika Venter 3e

Junior Vleisskape
Ruhan de Bruin 1e

Senior Melkbokke
Megan Strydom 1e
ChaMari Bekker 2e
Andre van Deventer 3e

Junior Melkbokke
Ohan du Plessis 1e
Marizelle du Plessis 2e
Valerie de Bruyn 3e

Senior Wolskape
JP Seaman 1e
Marchelle Rossouw 2e
Luan Pohl 3e

Senior Boerbokke
Dylan Hallatt 1e
Lexi Erasmus 2e

Junior Boerbokke
Clarissa van Heerden 1e
Tamar Kellerman 2e
Ethan Botha 3e

Senior Kulinêre Kunste
Donia Smit 1e
Sanel Botha 2e
Sunel Potgieter 3e

Junior Kulinêre Kunste
Crystal Fourie 1e
René Horn 2e
Jorinda Coad 3e

Die Agri-Merensky skouspan vertrou dat hulle wel in September aan die nasionale jeugskou te Vryburg sal kan deelneem.

Vir meer, besoek gerus Hoërskool Merensky se tuisblad of Facebook blad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version