Local newsNews

DBV se Ouma en Serta se jasse afgeskeer

Marusché Wiggill van Projekte Sonder Grense het onlangs die DBV in Tzaneen besoek om hulle behoeftes te identifiseer.

“Onder andere wou hulle vir Ouma en Serta, hulle twee “beroemde” inwoners, geskeer hê.”

Marusché vertel sy het ‘n skaapskêr gaan koop en is saam met nog drie helpers, Cliffie, Wilisna en Clayton Wiggill na die DBV om vir Ouma en Serta elk ‘n broodnodige skeer te gee.

“Ons is nie professionele skeerders nie, maar gaan poog om ten minste elke ses maande terug te keer en hulle weer te skeer,” sê Marusché.

Projekte Sonder Grense moedig Tzaneeners aan om by die DBV betrokke te raak.

“Die DBV het maandelikse donasies van kos nodig, maar ook komberse vir die winter,” sê Marusché.

Lees ook: TZANEEN: Rescued dog fighting for full recovery at SPCA

Ouma is al twaalf jaar oud en is blind in haar een oog. Sy woon al vir ses jaar by die DBV.

Serta, ‘n rammetjie, is haar kind. Hy is gebore kort nadat Ouma by die DBV aangekom het.

Raak betrokke by Projekte Sonder Grense deur Zantelle Ras by 073 342 2819 te WhatsApp.

Om die DBV te kontak, skakel Ellie Potgieter by 083 628 9257. Besoek ook Book Buzz, die DBV se boekwinkel in die Oasis-inkopiesentrum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button