Afrupro: Avokado’s is groter dié jaar

Die gebruik van intydse besigheidsanalises en sagteware kan aan die boer bedryfsinligting gee wat na beter bestuur van pluk- en pakprogramme kan lei.

Zander Ernst van Afrupro sê dat dié pakhuis maak gebruik van Qlik Sense, ‘n program wat daaglikse bestuursdata in ‘n maklik interpreteerbare vorm aan boere wat by hulle pak, gee.

“Ons is tans in die middel van vanjaar se avokado-oes-, pak- en uitvoerseisoen en kan aan die boere en produsente wat by Afrupro pak, gedetailleerde verslae gee,” sê Ernst

So byvoorbeeld weet hulle dat ten spyte van ‘n effens teleurstellende oes in terme van tonnemaat uit die boorde, lyk die uitpakke in die pakhuis heelwat beter as in die laaste paar seisoene.

“Die gemiddeld by Afrupro Pakhuis oor al die produsente wat aan ons lewer, wys tans dat 11,5% meer eerstegraadvrugte as in die vorige seisoen gelewer is.”

Uitpak persentasie: 2020
Uitpakpersentasie: 2021

“Die tendens tans toon dat alhoewel boere se produksie laer is, ons in die meeste gevalle nie laer is in terme van kartonne bemarkbare produk nie.”

Ernst sê dat in terme van vruggroottes pak hulle bykans vier tellings hoër as verlede jaar. “Klein vrugte is geneig om swakker te presteer in die mark. Die optimale tellings vir supermarkte en rypmaakprogramme is tellings 14-20.” Die Maluma, wat ‘n groter vrug is en waarvan groot volumes by Afrupro gepak word, het ‘n groot effek op die pakhuisgemiddeld, sê hy. “Maar ons sien tans selfs op Hass ‘n verbetering van omtrent twee vruggroottes. Hierdie is baie voordelig vir die produsente dié jaar.”

Vanjaar word ook heelwat meer Maluma-vrugte by Afrupro gepak as verlede jaar. “Alhoewel die Hass-seisoen nou eers in volle swang is, is dit duidelik vanuit die data dat Maluma meer gepak word. Ons verwag dat die tendens sal voortleef soos die pakhuis homself vestig as ‘n spesialis op die pak van hoë gehalte Maluma.”

Tellingverspreiding-vergelyking (groottes) 2020
Tellingverspreiding-vergelyking (groottes) 2021

Ernst sê dat Maluma benodig baie spesifieke verpakking en bemarkingsprotokolle en Afrupro Pakhuis het homself oor tyd as die spesialis-pakhuis vir Maluma gevestig.

‘n Vergelyking tussen die pakhuis en produsent se gemiddelde. Blou gee die geselekteerde produsent se gemiddeld oor sy plase of kultivars afhangend van die keuses wat gemaak word op die sisteem. Geel is die pakhuis se gemiddeld en die oranje is die hoogste in die pakhuis in ‘n spesifieke week of dag.

Nog belangrike data wat vir produsente wat by Afrupro Pakhuis pak beskikbaar is, is hoe hulle met die pakhuis-gemiddeld vergelyk.
“Hierdie inligting kan op aanvraag vir al ons produsente voorberei word om die boer ‘n goeie idee van sy produksie te gee en hoe hy teen ander produsente presteer.

“Die oogmerk is om Afrupro Pakhuis te omskep in ‘n pakhuis waar produsente vir die bemarker van sy keuse kan pak. Vanjaar het Westfalia 229 000 eerstegraad-kartonne by Afrupro gepak. Allesbeste staan vir die seisoen sover op 114 000 klas1-kartonne en Dole op 36 000 kartonne (teen die druk van die koerant),” sê Ernst.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version