Makelaar bou voort op nalatenskap

36 jaar gelede, op die dag wat Leon Roode gebore is, het sy pa Piet as makelaar begin werk.

Einde verlede jaar is Piet aan kanker oorlede en terwyl Leon teen die tyd ook as makelaar gepraktiseer het en reeds ‘n vername kliëntebasis opgebou het, het hy sy eie besigheid met die van sy pa geïntegreer.

Die Herald het by Leon, ‘n ultralangafstand-veldatleet, gaan kers opsteek oor hoe hy daarin geslaag het om die nuwe uitdagings te oorbrug.

Leon sê sy pa was vir hom ‘n mentor en hy is dankbaar dat hy saam met hom kon werk.

“Ek het groot skoene om te vul en sy ervaring en kennis wat hy na my kon oordra, het aan my agtergrond gegee dat ons soomloos kon voortbou.”

Leon het na matriek in Tzaneen aan Tukkies gaan sielkunde studeer.

Daarna het ‘n in die buiteland gaan draai en tien jaar gelede hom soos sy pa in die finansiële wêreld begeef.

Hy het nagraads finansiële beplanning studeer en is ook ‘n gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP).

Regs is Piet en Leon nadat hy verlede jaar vanaf Lekgalameetse tot by Haenertsburg gehardloop het.

Also read: How to become a real estate agent in South Africa

Agt jaar gelede het hy en sy vrou Umelda, ‘n onderwyser, weer hul pad na Tzaneen teruggevind en dit is hier waar hulle die Roode-familie se nalatenskap in die Tzaneengemeenskap voortsit.

Hy is passievol oor die buitelug-geleenthede wat die Tzaneen-omgewing en landskap bied.

Verlede jaar, tydens die covid-pandemie, het hy vanaf die Lekgalameetse-natuurreservaat al op die Wolkberg-eskarpment tot in Haenertsburg gehardloop.

Dit het hom 11-uur geneem om te voltooi.

Einde Mei vanjaar beoog hy om die Mac Mac Ultra-veldwedloop wat vanaf Pelgrimsrus tot in Sabie strek, te hardloop.

“Die wedloop is 100 myl (160 km) en begin op ‘n Vrydagmiddag. Jy moet dit binne 46 ure voltooi. Die vinnigste tyd waarin die marathon al gehardloop is, is 24 ure,” sê hy.

Leon kom uit ‘n sport-familie en sy ma Monica het al ‘n paar Ysterman-kompetisies voltooi.

Sy pa was ‘n fietsryer en is vir baie van die aanwysingsborde wat op Tzaneen se fietsroetes te siene is, verantwoordelik.

Maar dit is sy passie vir mense wat sy werk vervullend maak.

Leon saam met sy vrou Umelda met hulle twee kinders na ‘n wedloop.
Leon op die Wolkberg-eskarpment tydens sy 11-ure lange solo veldwedloop vanaf Lekgalameetse tot op Haenerstsburg.

Also read: Kruger National Park makes history by appointing first ever female head ranger

“Finansiële beplanning is soveel meer as ‘somme maak’,” vertel hy.

“Jy werk met mense en ek vind dit baie verrykend. Wanneer iemand na my kom en ek kan vir hom of haar hul portefeulje uitsorteer en saamvat sodat dit ‘n sinvolle plan is, voel ek ek het iets bereik.”

Hy sê die interaksie met sy kliënte en die pad wat hulle saam stap gee aan hom werksbevrediging. Leon raai jong mense aan om met finansiële beplanning te begin sodra hul hul eerste salaris verdien en onafhanklik is.

“Hulle is dikwels onseker oor wat dit alles presies behels en ek bestee tyd om aan hulle in die waarde van finansiële beplanning te onderrig.”

Skakel Leon by 083 345 3171.

Exit mobile version