Local newsNews

DIS MY MENING: “Mag dit nog lekker reën waar jou vee wei”

Fanie Oberholzer, 'n reënvalentoesias en makelaar van Tzaneen woon in Aqua Park en teken al vir die laaste vyftien jaar daagliks reënvalsyfers aan. Hy beskik ook oor data wat die 73-jaar-maand-gemiddelde aantoon. In 'n weeklikse rubriek, 'Dis My Mening' in die Letaba Herald gee hy sy perspektief oor die jongste groot reënneerslae wat die afgelope weke ervaar is.

In die beleggingswêreld is daar ‘n spreekwoord wat lui, “when in doubt, zoom out”.

Kom ons kyk na die “groter prentjie” van reënval in Tzaneen. Met die wonderlike reën wat in hierdie tyd val is ons as mense geneig om “korttermyn” en selektief te onthou. Die groot vloed van 2000 word dikwels na verwys op sosiale media!

January is the wettest month of the year in Tzaneen with an 73-year monthly average of 189mm. We had a whopping 389 mm for 2021, but look at some previous figures for January: 1958 – 783 mm, 1972 – 469mm, 1981 – 423mm, 2006 – 445mm, 2011 – 488mm, 2013 – 561mm and as recently as 2017 – 410.5 mm. On the “half empty” side the following figures were recorded: 1952 – 36mm, 1970 – 31mm, 1994 – 36mm, 2001 – 22mm and as recently as 2018 – 83mm.

Baie mense onthou die vorige “vloede”, en meer spesifiek 1996 en 2000. Interessant is egter dat die meeste reën gedurende daardie jare in Februarie, 1996 – 553mm en 2000 – 883mm, geval het. Gepraat van Februarie – dit is die tweede natste maand in Tzaneen, die 72- jaar gemiddeld is 165mm.

Weens die feit dat ons weer ‘n “nat siklus” ingaan word bogemiddelde reën vir Februarie voorspel. Dit het gedurende Februarie 2020, 200.2mm gereën.

Die Tzaneendam is tans meer as 45% vol (of leeg afhangend hoe jy daarna kyk) en sal volgens bronne op ‘n maksimum van 60% “ge-capp” word weens die konstruksie aan die damwal en om fratsvloede te akkommodeer.

Goed of sleg? Vra jouself af wanneer laas was die Tzaneendam 60% vol? Dit was op 17 Junie 2017 – drie-en-‘n half jaar gelede! Of wanneer laas was die Tzaneendam 100% vol? Dit was op 1 Julie 2014, ses-en-‘n half jaar gelede!

As jy my dus vra of die glas (dam) half vol of half leeg is, is my antwoord onomwonde, HALF VOL!

Mag dit nog lekker baie reën waar jou vee wei!

  • Fanie Oberholzer het op 1 Januarie 2006 begin om reënvalsyfers aan te teken. Hy het maandsyfers vanaf Januarie 1949 tot Januarie 2006 by Rodney Cooper van Coopers Estates gekry wie se pa dit begin aanteken het nadat hulle ‘n plaas in Agatha buite Tzaneen gekoop het.

Related Articles

Back to top button