Local newsNews

Kaapse Kataza vind dalk tuiste in Letsitele

Die berugte Kaapse bobbejaanmannetjie, Kataza, wat gemeenskappe op die Kaapse Skiereiland al vir maande lank teister, gaan waarskynlik ‘n nuwe tuiste by die Riverside Wildrehabilitasiesentrum in Letsitele kry.

Bob Venter van die Riverside-sentrum is tans in die Kaap om die reëlings te tref.

Die Kaap van Goeie Hoop DBV het Dinsdag aan Herald gesê dat Kataza is Maandag verdoof en is tans in aanhouding om mediese toetse te ondergaan.

Dit volg nadat CapeNature verlede Donderdag ‘n permit toegestaan het om Kataza na die Riverside-rehabilitasiesentrum oor te plaas.

“Kataza sal verskeie gesondheidstoetse ondergaan voordat hy Limpopo toe gaan,” het Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die DBV in die Kaap gesê.

Venter het egter Dinsdag aan Herald gesê dat daar probleme is rondom Kataza se gesondheid.

“Hy moet ‘n Covid-19 toets ondergaan.

Hy moet ook vir tuberkulose getoets word.

Lees ook: With help and C.A.R.E. baboons give research lab the finger

Ons kan dit nie waag om ons diere, wat 127 bobbejane en 394 ape insluit, aan TB bloot te stel nie.”

Kataza het berugtheid verwerf nadat hy in die Kommetjie-omgewing van die Skiereiland huise geplunder het vir kos.

Verlede jaar is hy na ‘n ander deel van die Skiereiland geskuif omdat hy glo ‘n gevaar vir mense ingehou het.

Lees ook: 48 die in just ten days

Hy kon egter nie daar aanpas nie en was eensaam. Daarna is hy weer teruggeneem na sy oorspronklike trop.

Daar het hy weer in sy ou gewoontes verval en huise in die omgewing gestroop.

Venter sê Kataza se maaltande ontbreek. “Dit is waarskynlik waarom hy kos steel.

“Daar is ook vermoedens dat dié bobbejane vir navorsing gebruik word, daarom ontbreek hul maaltande,” het hy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button