Wonderboom moringa hier verbou

Moringa, ‘n wonderboom met medisinale waarde, word reg hier in Limpopo verbou. Dié plantasie met sowat 300 bome is die passie van Lizandra Viviers. Sy het weer haar kennis oor die gebruik van die bome by Hester Kinnear, ‘n bekende inwoner wat ‘n paar jaar gelede na Pretoria verhuis het, opgedoen. Hester doen bemarking en het bewuswordingsveldtogte om Suid-Afrikaners oor die voordele in te lig. Saam leef en deel hulle hul passie vir die bome en hul gebruike uit.

Moringablare lewer volgens navorsing 14 keer meer kalsium as melk, vier keer meer postastium as piesangs, nege keer meer yster as spinasie, twee keer meer proteïene as jogurt, twee keer meer vitamines as wortels en vier keer meer vesel as a bakkie graankos.

“Hester het my aanvanklik aan moringa voorgestel,” vertel Lizandra op haar pa se plaas net buite Tzaneen.

“Sy het ‘n winkel op Letsitele gehad, Letsitele Moringa, waar sy produkte wat van moringa gemaak word, verkoop het.”

Lizandra het vir Hester gehelp met ontwerpwerk vir haar die moringasakeonderneming en het toe self onder die indruk van die bome gekom.

Lizandra vertel dat hoewel sy in Pretoria grootgeword het, het sy as kind baie tyd op haar pa se plaas in Tzaneen deurgebring.

Nadat sy ‘n paar ander draaie in die wêreld gemaak het, het sy die stad se stof afgeskud en voel tuis hier op die plaas in Tzaneen waar sy nou nie net met moringa boer nie nie, maar ook ‘n makadamiaboord het.

Toe Hester ‘n paar jaar gelede verhuis het, het sy haar toerusting waarmee die moringablare gedroog word en deur haar man gebou is, aan Lizandra gegee.

“Hester kan letterlik die ‘Moeder van Moringa in Mopani’ genoem word. Dit is haar ywer en kennis wat bygedra het dat ek my bome geplant het.”

Lizandra sê dat die gebruik is baie wyd.

“Moringa, vir Suid-Afrikaanse gebruik, word meestal vanaf lande in die noorde van Afrika af ingevoer. Dit is my wens om Suid-Afrikaners op te lei om die bome te plant sodat ons aan ons eie vraag kan voorsien.”

Sy sê dikwels is die ingevoerde produk minderwaardig en gee dit nie dieselfde voedingwaarde as die wat plaaslik geproduseer word nie.

Die vele gebruike strek verder as net aanvullings in gesondheidsprodukte.

“Navorsing het gewys dat die 15% moringa wat by veevoer gevoeg word, verhoogde produksie tot gevolg het, soos die geboorte van tweelinge.”

Die bome se blare is vanaf begin September gereed om geoes te word. Die takkies met groterige ronde blaar word gepluk, gewas opgehang sodat die water kan afdrup. ‘n Dag later word die blare van die takkies verwyder.

“Net die mooiste blare word geoes, enige geel blare aword weggegooi,” sê Lizandra.

Die res van die blare word in ‘n verhitte kas gepak om gedroog te word.

Tempertuur mag nie hoër as 55 grade want dan word die voedingwarde vernietig “Wanneer die blare droog is word dit baie fyn gemaal tot poeier vorm.

Dis belangrik dat jou poeier nog ‘n helder groen kleur het en nie so gedroog is dat dit geel of vaal is nie.”

Hierdie beginsel is egter op klein skaal verbouring daar is reeds ander boere wat op grootskaal verbou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version