Local newsNews

TZANEEN: Plaaslike landbouer kry groot eerbewys

Die doel van Tommie van Zyl se werk was nog altyd om deur ZZ2 ‘n toekoms in Afrika te skep!

Tommie van Zyl, hoofuitvoerende beampte van die agri-reus, ZZ2, is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer vir sy bydrae tot landbou in Suid-Afrika.

Die toekenning is verlede Donderdag tydens ‘n virtuele bekroningsgeleentheid aan Van Zyl gemaak.

In sy huldigingswoord het prof. Erik Holm, ‘n direkteur van ZZ2 en bekende ekoloog, gesê Van Zyl het ‘n unieke boerderyfilosofie ontwikkel en toegepas op die reuse ZZ2. “Die filosofie van natuurboerdery word onderskei van organiese of industriële boerdery in die opsig dat dit ‘n lewende ekosisteem simuleer en dit sodoende omgewings en ekonomies volhoubaar bly.”

 

Hy het gesê natuurboerdery vereis die beste wetenskap en tegnologie wat beskikbaar is.

“ZZ2 het internasionale kundigheid gewerf en het meer as enige ander landbouonderneming gedoen om beurse en navorsing te bevorder.”

In sy aanvaardingstoespraak het Van Zyl gesê die doel van sy werk was nog altyd om deur ZZ2 ‘n toekoms in Afrika te skep.

“Die toekenning span die kroon op ons poging om die maatstaf van sukses in die landbou te wees. Sukses in die verband behels die skepping van volhoubare waarde vir ‘n verskeidenheid van belanghebbendes,” het hy gesê.

Hy het ook verwys na die onderneming se voortdurende soeke na nuwe kennis, nasionaal en internasionaal.

“Dit het ons toegelaat om deur gedistileerde denke volhoubaar kos te produseer en vir baie mense ‘n tuiste en toekoms in Suid-Afrika te skep,” het hy sy toespraak afgesluit.

Related Articles

Back to top button