Vee- en wildsboere verlig dat bek-en-klou verby is

Boere kan weer asemhaal nadat die verbod op veilings van wild en vee die afgelope drie maande opgehef is.

Groot verligting heers in landboukringe nadat die verbod op vervoer en verkoop van diere Maandag opgehef is.

Mnr. Reggie Ngcobo het in ‘n verklaring gesê die minister van landbou, bosbou en visserye, me. Thoko Didiza, se opheffing van die verbod op veilings is onder baie streng voorwaardes. Dit volg nadat die minister in November verlede jaar alle veilings verbied het na ‘n uitbraak van bek-en-klouseer in die Modimolle-omgewing.

“Alle agente moet by die raad vir landbouprodusente-agente (APAC) geregistreer wees,” sê Ngcobo in ‘n verklaring.

 

READ ALSO: FOOT-AND-MOUTH DISEASE AFFECTS INDUSTRY

Agente word gewaarsku dat APAC-sertifikate wat voor Maart 2018 uitgereik is, verval het en dat daar voor 30 Maart vanjaar heraansoek gedoen moet word.

Ondersoeke dui daarop dat die uitbraak na vier veilings wat in September en Oktober verlede jaar op twee veilingspersele gehou is, nagespoor kon word. “In totaal is 18 plase geïdentifiseer waar diere positief vir bek-en-klouseer getoets is.”

Die meeste van die eiendomme wat geraak word, is kommersiële beesboerderye, waaronder ‘n aantal voerkrale, wat gelukkig goed omhein is en waar die diere individueel geïdentifiseer kon word en behoorlike rekords gehou word.

Dit het dit moontlik gemaak om beheermaatreëls in te stel sonder die gebruik van noodinenting, uitdunning of padblokkades.

Van die primêre kontakpersele wat aan die veilings gekoppel is, is meer as 90% reeds besoek en hul status bepaal. “Dit gee die veeartsenykundige span voldoende vertroue om voort te gaan na die volgende fase van die beheer van die uitbraak.”

Exit mobile version