Local newsNews

Slang vang is nie vir sissies nie

Twee werknemers van Diggersrest het waagmoed aan die dag gelê toe hulle 'n vyf meter lange luislang gevang het.

Twee werknemers van Diggersrest het waagmoed aan die dag gelê toe hul ‘n vyf meter-lange luislang gevang en weer vrygelaat het.

Mark Schmidt vertel dat hy en Daryl von Pannier het Donderdagoggend vroeg ‘n oproep ontvang vanaf ‘n werknemer op die Agathapad. “Hy het die slang teëgekom in ‘n plantasie waar ons besig is om te werk.”

Mark en Daryl het hul na die plek gehaas. Hulle het die dier vir ongeveer twintig minute dopgehou terwyl hulle slangvangers in die omgewing geskakel het om te kom help. “Ongelukkig was niemand beskikbaar nie en was ons genoodsaak om self slangvanger te speel,” vertel Mark.

LEES OOK: LUISSSSLANG VAN ‘N BAD BY DIE JOUBERTS

Die twee mans was skrikkerig, maar het hulle nie laat afsit nie. “Dit was vir ons belangrik om nie die slang seer te maak of om hom die skrik op die lyf te jaag nie.”

Hulle kon daarin slaag om die kop vas te druk en hom op te tel. “Ons het die ou grote ongeveer 300 meter ver gedra en hom in die inheemse bos vrygelaat,” sê Mark.

Luislange is die grootste slang wat op die kontinent aangetref word. Hulle is nie giftig nie en vang hul prooi deur hulle dood te druk. Hulle kan diere so groot soos ‘n wildsbok vang. Hoewel luislange nie ‘n bedreigde spesie is nie, word hulle toenemend deur die inperking van hul habitat bedrei

Related Articles

Back to top button